kategorieë: Ontspanning

Bespreek jou plek na China!

Bespreek sommer nou jou plek teen slegs R25 595 per persoon wat deel.

Wat kan nou lekkerder wees as ’n week lange inkopie-en-kulturele toer na China saam met die aktrise en stylkenner Zetske van Pletzen en modeontwerper Werner Dey?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons vertrek op 16 November en is weer terug op 25 November. Zetske en Werner sal ons na hul gunsteling-winkels en -besienswaardighede vergesel en byderhand wees om raad vir die keuse van klere te gee. Hulle bied ook persoonlike stylsessies aan vir elkeen wat saamreis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

17 November Land om 12:25 in Hongkong. Die gids ontmoet ons by die lughawe en neem ons na die hotel. Die middag besoek ons die Wong Tai Sin-tempel, die jademark en Templestraat waar jy ook in die plaaslike winkels kan rondsnuffel. Die aand is daar ’n bootrit, buffetete en die Symphony of Lights-vertoning by Victoria-hawe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

18 November Ná ontbyt vertrek ons na die Stanley-mark, eet ’n Dim Sum-middagete saam en die middag kan jy rustig in die markte inkopies doen.

19 November Laaste dag in Hongkong. Jy kan weer op jou eie by gewilde winkelsentrums soos Ocean City, Times Square en Sogo inkopies doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

20 November Ná ontbyt vertrek ons na Guangzhou waar ons twee aande oorbly. Ons besoek die Sun Yat Sem-gedenksaal, die Five Ram-beeldhouwerk en die Nanye-koninkryk-museum.

21 November ’n Dagtoer na Foshan, die pottebakkershoofstad van China, wat die Zumiao-tempel, Liang-tuine insluit. Ons eet middag- en aandete in plaaslike restaurante.

22 November Die oggend besoek ons die Chen Clan-akademie, die Tempel van die Ses Baniaanbome, Qingping-mark, Shangxiajiu se inkopiestraat en ná middagete ry ons per trein na Shenzhen waar ons twee nagte bly.

23 November Vanoggend is daar tyd vir inkopies in die Luohu-winkelsentrum. Ná middagete woon ons ’n kulturele vertoning in die Splendid China- en China Folk-kultuurdorpies by.

24 November Vandag kan jy na hartelus rondloop. Ná ete haal ons in Shekou ’n boot na die Hongkong-lughawe en om 7:20 op 25 November is ons terug in Suid-Afrika.

Bespreek jou plek!

Bel 083 371 2404 of stuur ’n e-pos na Harriet@skyarchtravel.com

Reëls & voorwaardes
Die toer sluit in: retoervlugte op SAA, verblyf in vierster-hotelle, alle etes wat op die toerplan aangedui word, private bustoer, ’n Engels-sprekende toergids, China-visum, alle ingangsfooie wat by die reisplan ingesluit is, bootkaartjies wat in die reisplan ingesluit is. Die groeptoer saam met Zetske en Werner is onderhewig aan ’n minimum besprekings-kwota. Indien die minimum besprekings-kwota nie bereik word nie, sal die wenner en haar metgesel steeds saam met ’n toergids die toer op hul eie onderneem. Algemene reëls & voorwaardes vir die kompetisie sal in die Julie 2015-uitgawe van rooi rose verskyn.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

8 hours Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

10 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

10 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

13 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

14 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.