Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self is ’n argitektoniese meesterstuk wat so ontwerp is om moeiteloos met die natuurlike omgewing saam te smelt. Binne-in sal jy ’n knus en intieme ruimte vind met ’n vuurmaakplek, gemaklike sitplek en onvergeetlike uitsigte oor die panoramiese landskap wat met fynbos oortrek is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Volhoubaarheid, ’n ligte voetspoor en die soeke na balans is die sleutel tot die filosofie agter Stellenzicht se wyn: Om herlewingsboerdery te beoefen, met die grond te werk en die naaldekokers terug na hul stukkie hemel in die berge buite Stellenbosch terug te verwelkom. Die ekovriendelike wyn-pod is net so lig op die aarde. Dit het nie ’n betonblok nodig nie en dit pas soomloos met die natuurlike landskap in. 80% van die wynpod se materiaal is herwinbaar, en dit skep natuurlike insulasie in die kouer maande wat beteken jy hoef minder energie te gebruik om warmte te skep!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Stellenzicht se voortgaande strewe na balans en uitsonderlikheid word in hul kenteken versinnebeeld. Daarop is die naaldekoker wat met die handelsmerk se voorletters, SZ, vervleg is. Naaldekokers dien as ’n waardevolle bio-aanwyser van die gesondheid van ’n ekostelsel. Dit herinner die span aan hul uiteindelike mikpunt: Om gebalanseerde wyne te skep wat die harmonie van die natuurlike omgewing weerspieël. Stellenzicht se onwrikbare toewyding daartoe om balans te vind, begelei alles wat hulle aanpak, en verseker ’n konsekwent harmonieuse wynmaakreis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Waar dit tussen natuurlike fynbos en die skaduwee van bome lê, bied die wyn-pod ’n prentjiemooi ligging waar onvergeetlike uitstappies met vriende en familie onderneem kan word. Bederf jouself met ’n reeks wynproeë en aankopies, wat met ’n heerlike keuse van houtgestookte pizzas of kaas- en vleisborde gepas word. Hierdie rustige atmosfeer bied die perfekte ontsnapping om die geure van wyn en die natuurskoon te geniet.
Soos jy proe en geniet, kan jy jouself in die rustige atmosfeer van die wyn-pod verdiep wat deur natuurskoon omring word. Die wynproe-ervaring wat jou meer gegrond sal laat voel by Stellenzicht ekowyn-pod is ’n moet vir enige wynliefhebber wat ’n werklik onvergeetlike en meevoerende ervaring in die hartjie van die Kaapse Wynlande soek.
Die wyn-pod bedryfstye is vanaf Woensdag tot Vrydag vanaf 10:00 tot 18:00 en Saterdag tot Sondag van 09:00 tot 17:00. Bespreek op Dineplan of via hul webtuiste.
Besoek hul webtuiste vir meer inligting.
Lees ook: Maak tuin met min geld en min moeite
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.