kategorieë: Ontspanning

Beskerm jou tuin teen wind en weer

Versterk jong bome

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak jong boompies windbestand deur dit met vier metaalpenne te anker. Plaas ’n pen op elke kompasrigting om die boom en bind dit met nylontou aan die boom se stam vas. Só sal die boompie van alle windrigtings af beskerm wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wenk: Gebruik nylontou om die boom te sekuur eerder as ’n bioafbreekbare-variasie, om sodoende te verseker dat jou tou nie sy stewigheid in die swaar weer verloor nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Keer dat jou groentetuin wegspoel

Keer dat swaar reën die grond in jou groentetuin kompakteer en dat waterpoele om die plante vorm deur ’n deklaag in jou groentetuin te plaas. Jy kan doodgewone strooi hiervoor gebruik: plaas ’n dik laag daarvan onder en om jou groente en siedaar! Jou oes sal niks oorkom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenk: Vars strooi mag dalk onkruidsaadjies bevat wat later ongewenste indringers in jou groentetuin kan laat voorkom. Besoek jou plaaslike kwekery om ’n alternatiewe deklaag vir jou groentetuin te kry.


Wees haelbestand

Bedek plante wat teen ’n heining of muur groei met karton om sodoende haelskade te minimaliseer. Plaas die karton skuins teen die heining/muur om ’n dak te vorm en pak klippe of bakstene om die voet van die dak om dit in plek te hou.

Wenk: As daar nie ’n heining of muur naby jou plante is nie kan jy twee stukke karton gebruik en dit in die vorm van ’n wigwam oor jou plante sit.


Kyk na jou potplante

Beskerm jou potplante teen hael, sterk winde en swaar reën deur plastiekemmers om te keer en onderstebo oor jou plante te plaas. Doen dit net voordat die storm begin opsteek.

Wenk: Dit is ’n uitstekende manier om potplante op balkonne te beskerm!

Maak ’n tent vir jou grondbedekkings

Gebruik ’n rol plastiek om klein plante wat laag groei te beskerm. Plaas ’n metaal penaan weerskante van jou ry plante en span ’n tou tussen dié twee. Drapeer dan die plastiek op hierdie tou om die plategroei meer beskut te maak.

Wenk: Moet nie die plastiek te naby aan die plante drapeer nie, laat dit effens hoër hang sodat die plante steeds kan asemhaal.

Lees ook: Skep ’n voëlvriendelike tuin

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

12 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.