Deur Salomé Delport. Foto ALOTOFPEOPLE/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }As jy deesdae in ’n oopplanwerkplek vol techies stap, begroet ’n see van brille jou. Álmal dra ’n bril. Selfs dié met 20/20-visie. En nie enige bril nie. Dié brille het bloupers lense, amper soos die superkoel neonpienk, geel en groen brillense van ’n paar jaar gelede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Rekenaarkenners weet dat rekenaarskerms se blou lig hul sig kan beskadig. Aangesien hulle nog baie dekades voor die rekenaarskerm wil bly werk en speel, sorg hulle dat hulle hul oë beveilig met rekenaarbrille wat spesifiek blou lig uitskakel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Blou lig is immers deel van ons normale sonlig, en alles wat leef, is van die begin van die wêreld af aan blou lig blootgestel. Hoekom dan nou bekommerd wees?
Die kwessie is die hoeveelheid, intensiteit en baie ure van blootstelling wat deesdae geld, sê Jacques du Toit, optiese tegnikus van Spectacle Warehouse, wat hul eie lenswerkwinkel het.
“Alle rekenaars, TV-skerms en selfs ons selfone het nou hoëdefinisieskerms met hul baie beter beeld. Maar hulle gebruik almal lig van LED’s en ander soorte ligbronne wat ’n baie hoë proporsie blou lig verskaf.”
Daarby is ons binne ’n dekade byna ongemerk deur ’n ligrevolusie. Die gloeilampie en selfs die neonlig is in 2018 so te sê museumstukke. Onthou jy die Eskom-kragonderbrekings? In ons land was dit die laaste stootjie wat ons na LED-ligte laat oorskakel het. Ons het tuis en by die werk alle gewone ligte deur LED’s vervang. Die gevolg is dat ons nou, buiten ons daaglikse dosis digitale blou lig van ons skerms af, vanaf ons algemene beligting tuis en by die werk nog ’n groot skoot blou lig ontvang. Waar jy nou ook al gaan, is jy dag én nag deur blou lig omring. En nog meer, as jy ’n naguil of skofwerker is.
Dr. Celia Sánchez-Ramos, Spaanse navorser wat sedert die jare tagtig op blou lig en sig werk, noem hierdie moderne grootskaalse blouligblootstelling “ligbesoedeling”. En dikwels is die graad van blootstelling so omvattend dat sy glo dit kom op fototoksisiteit neer.
Die redes hoekom ons oorgeskakel het, is puik en bly geldig. LED-lampies hou immers drie tot tien keer langer en gebruik net 10% van die krag van die ouer generasie gloeilampe en skermbatterye.
Maar ons moet ook die risiko’s verstaan en bestuur, sê Inge Loubser, oogkundige by Mellins in Bloemfontein.
“UV-lig, wat blou lig insluit, is die deel van die ligspektrum met korter golflengtes, wat ook beteken dat hierdie kleur ligstrale meer energie oordra – en dat dit skade kan doen.
“Ons weet dat jou ooglens UV-lig ‘vang’ en keer dat dit dieper in die oog kan inkom. Maar jou ooglens kan nie die blou deel van lig keer nie. Dit kan dus tot op die agterste deel van jou oog (die retina) deurdring.
“Ons weet lankal dat UV-lig katarakte op die ooglens veroorsaak. Net soos UV-lig die ooglens beskadig, beskadig blou lig jou retina.
“Ons dink dit veroorsaak makulêre degenerasie van die retina. Hierdie soort skade is permanent en onomkeerbaar. Katarakte weens UV-skade word vandag maklik reggestel – as jy dit kan bekostig. Maar daar is geen raad vir skade aan die retina nie.”
Die nuwe siening is gegrond op deurbraakwerk van dr. Sánchez-Ramos en haar span van die Complutense de Madrid-universiteit. In een van hul talle ondersoeke is retinaselle 36 uur lank aan LED-lig blootgestel om te kyk of dit die selle aantas. Hulle het verwag dat van die selle sal sterf. Die uitslag was ’n lelike verrassing: blou lig het 93% van die selle gedood. Maar as ’n skerm wat blou lig uitfiltreer tussen die LED-lig en die selle geplaas word, het 90% van die selle goed oorleef. Die logiese afleiding is dat LED-lig die retina onomkeerbaar sal beskadig, terwyl blouligfilters die oog uitstekend beskerm.
Maar geen mens gaan 36 uur lank op ’n kort afstand na ’n LED-lig staar nie?
Toegegee. Daarom word wyd aanvaar dat LED-lig veilig is, sê sy. Maar wat van die skade wat bietjie vir bietjie oor dekades opbou?
Ons wat op rekenaars werk, weet dat ons aan die einde van elke werksdag ses, sewe en selfs meer uur op minder as 50 cm na ons rekenaarskerms staar.
Dr. Sánchez-Ramos skat dat ons oë gemiddeld 6 000 uur per jaar oop is, waarvan die meeste daarvan in LED-lig is.
Sy meen blou lig sal nie binne ’n dag of wat skade doen nie. “Maar niemand weet hoe ons retinale selle ná ’n dekade of twee, drie gaan lyk nie, want niemand in die wêreld se hele bestaan is al so intensief aan blou lig blootgestel nie.”
Beleidmakende liggame soos die EU se Scientific Committee: Effects of Blue Light, gee ook toe dat blou lig ons oë kan beïnvloed maar sê daar is nog nie sterk bewyse daarvoor in mense nie.
Hoe ook al, totdat ons meer duidelikheid het, is blouligfilters niks minder as verstandige voorsorg nie.
“Ons sê al baie lank jy moet ’n sonbril buite dra wat UV-lig en blou uitskakel,” sê Inge. “Wat nou bykom, is skermblootstelling. Ons moet almal daarmee óók ’n plan maak.
“Al verskaf ’n UV-beskermende sonbril presies die regte soort beskerming, werk dit nie vir die kantoor of saans tuis voor die TV nie. Daarvoor het jy nou jou eie digitale brilletjie nodig – selfs al kan jy uitstekend sien.”
Gelukkig het jy ’n paar opsies:
• Verstel jou digitale skerms
Baie selfone, tablette en rekenaarskerms het nou ’n skermstelling wat blou lig saans uitfiltreer. Soek by Settings en skakel night shift of night mode aan. Hulle sal jou saans beskerm – hoewel jou huisligte steeds blou lig uitstraal.
• Laai ’n bloulig-app af
Die meeste is gratis, soos f-lux, Blue Light Filter for Eye Care, EyePro Blue Light Filter en Blue Light Filter Night Mode. Maar ’n mens weet nie hoe doeltreffend hulle is nie.
• Sit ’n bloufilterlagie by jou bril
Jacques sê hierdie lagie kos sowat R1 200 vir twee lense.
• Kry ’n digitale brilletjie
Wat as jy perfek sien en sonder bril lees en werk? Die bloufilter-rekenaarbril of -nie-leesbril is perfek saans tuis en op kantoor wanneer jy rekenaarwerk doen. Hulle filtreer blou lig uit, sonder om te vergroot of te verklein. Te kry by vooraanstaande optometriste en groot takke van Clicks.
Jy kies soggens jou skoene, handsak en juweliersware met oorleg. Maar wat van ’n bril? As jy katarakte en onherstelbare swak sig wil keer, het jy minstens twéé brille nodig: een goeie sonbril om op pad en buite te dra, plus een bril wat blou lig uitfiltreer, vir rekenaarwerk op kantoor en ook om saans blou lig van jou digitale skerms en huis se LED-ligte uit te filtreer.
Daardie dosis blou lig van ons huisligte en rekenaarskerms kan die rede wees waarom baie van ons sukkel om aan die slaap te raak.
Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings
Moeder Natuur gebruik blou lig om jou dag/nagritme aan en af te skakel, verduidelik Inge. “Een van jou slaap/wakker neuroskakelaars is melatonien. Dit is hoog snags wanneer jy moet slaap, en laag bedags wanneer jy op en wakker moet wees.
“Blou lig is die knoppie wat melatonien letterlik soos ’n ligskakelaar aan- en afskakel. Soggens as die son opkom en blou lig volop is, verminder dit jou melatonienvlak. Van jou brein tot jou gemoed en metabolisme word ‘wakker’ en jy kan op jou beste werk. Daar is selfs navorsing wat wys dat mense wat by die werk aan blou lig blootgestel is, produktiewer is.
“Saans, wanneer die son sak en die blou lig uit ons omgewing verdwyn, hou dit op om ons melatonienvlak te onderdruk, wat dan styg tot daar genoeg is om jou vaak te maak.”
Dit werk uitstekend. Of dit hét. Noudat ons aande omsit voor ons LED-TV’s, skootrekenaars en Kindles, verloor ons die boodskap dat dit afskakeltyd is.
’n Oordosis blou lig saans word ook aan slaaponderbreking gekoppel. Een ondersoek wys dat mense wat saans net aan rooi lig blootgestel is gemiddeld 4,5 keer wakker word, terwyl mense wat aan blou lig blootgestel is gemiddeld 6,7 – 7,6 keer wakker word. Hulle voel ook die volgende dag moeër en minder goed as dié wat die vorige aand aan rooi lig blootgestel was.
Gelukkig hoef ons digitale generasie nie af te skakel nie. Ons kan bloot van sononder af ’n aandbril dra en so ons liggaam op koers hou.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.