Maak seker jou kinders is veilig hierdie feestyd. Hier is ’n paar wenke om ernstige beserings te voorkom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Volgens Netcare word talle kinders tydens somervakansies by ongevalle-afdelings behandel weens ongelukke, trauma en naby- verdrinkings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Swak toesig is ’n oorsaak, sê Mande Toubkin, Netcare se hoofbestuurder: nood en trauma. Kinders onder die ouderdom van ses jaar is die grootste risiko vir ongelukke en beserings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Kinders word opgeneem met verstuiting, verrekking, beenbreuke, steke en byt, of brandwonde. Die meerderheid van die beserings is aan die gesig, vingers, hande en kop. In sommige gevalle neem kinders gifstowwe in.
Raad vir ’n veilige omgewing vir kinders is:
• Maak altyd seker dat jou kind onder toesig is. Moenie toelaat dat hulle afdwaal nie.
• Moenie kinders in die sorg laat van ’n volwassene wat jy nie vertrou nie.
• Moenie kinders onder die toesig van ander kinders laat nie.
• Gordel kinders veilig vas en bestuur verantwoordelik.
• Leer noodhulp of ten minste mond tot mond asemhaling. Dit kan ’n lewe red.
• Maak jou huis kinderbestand en sluit gifstowwe en gevaarlike items toe. Maak swembaddens en visdamme veilig.
Leer kinders om die Netcare 911 nasionale noodnommer, 082 911, te memoriseer en maak seker hulle weet wie om te bel in ’n mediese noodgeval.
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.