Beskerm jou gesin teen die son deur Salomé Delport
Dis Desember en dis vakansietyd – maar dit beteken ook ons is meer in die son en meer vatbaar om te brand en sonskade op te doen. Gebruik ons slim gids en beskerm jou gesin teen die son.
Lees ook: Skep ’n sonskermroetine vir jou kind
Het jy genoeg sonskerm ingepak?
Werk so uit hoeveel jy nodig het:
- Jy het ’n teelepel nodig vir elke arm, elke been voor en agter, jou rug, jou voorkant, jou hande en voete plus jou gesig, ore en nek. Dit werk uit op 50 ml per keer.
- Jy moet elke twee uur sonroom aanwend.
- Vir vier uur buite het jy 100 ml nodig; vir ses uur 150 ml.
Lees ook: Hoekom jy sonskyn en Vitamien D nodig het
Wat is die verskil tussen SBF 30 en SBF 50?
’n SBF30 blok 96,7% UVB strale uit.
SPF50 blok 98% uit.
Dit is net 1,3% beter.
Maar dit is beter …
Lees ook: Hoeveel sonskerm moet jy gebruik?
Is julle 100% sonreg?
Kyk of julle hierdie “sontoets” slaag.
1 Elke gesinslid het ’n sonhoed
Ja Nee
2 Die hoed se rand is minstens 10 cm breed
Ja Nee
3 Elke gesinslid het ’n sonbril wat 400 UVA en B uitfiltreer
Ja Nee
4 Julle het ’n donkerkleurige sambreel wat ’n digte skadu gooi
Ja Nee
5 Julle het minstens 500 ml water per persoon by julle
Ja Nee
6 Almal dra ligte hemde wanneer julle balspeletjies speel
Ja Nee
7 Julle het ’n sonskerm van minstens SBF 30
Ja Nee
8 Julle het genoeg sonroom vir die tyd wat julle in die son gaan wees
Ja Nee
Onthou
Sonroom werk, maar net as jy dit elke twee ure aanwend.