kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Besigheidsvroue in senior posisies

Inligting verskaf deur Strat Comms Advisory vir Grant Thornton Suid-Afrika. Verwerk deur Catherine Schenck. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alhoewel amper een derde (29%) van senior posisies in SA tans deur vroue beklee word, is daar steeds een uit elke vyf besighede (dus 20%) wat geen vroue in enige senior posisies het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is van die bevindinge van die 2018 Grant Thornton Internasionale Besigheidsverslag wat spesfiek gefokus het op vroue in die besigheidswêreld. Die verslag, gebaseer op 4 995 onderhoude tussen Julie en Desember 2017, is gepubliseer om mee te val met Internasionale Vrouedag op 8 Maart 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die neiging in Suid-Afrika is aanmoedigend,” sê Lee-Anne Bac, direkteur by Grant Thornton in Johannesburg. “Die persentasie vroue in senior bestuursposisies het, oor die algemeen, stadig maar seker gestyg van 26% in 2014. Daar is egter steeds te veel besighede sonder ’n enkele vrou in hul senior bestuurspan en hierdie is iets wat aangespreek moet word.”

Baie navorsing is al gedoen wat die kommersiële impak van vroue in leiersposisies ondersoek. Byvoorbeeld, die wins wat verloor is deur besighede wat slegs mans in bestuursposisies aanstel in Indië, die VK en die VSA strek tot by ’n duiselingwekkende $655 miljard.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Besighede met ’n slegs manlike leierskapspan moet vinnig optree indien hulle kompeterend wil bly”

Die globale posisie

Die persentasie van besighede met geen vroue in senior bestuursposte het wêreldwyd van 34% in 2017 tot 25% in 2018 gedaal. Die verhouding van senior rolle wat deur vroue beklee word, het egter net marginaal geval van 25% tot 24% in dieselfde tydgleuf.

Vroue is dus dunner versprei. Besighede maak regmerkies langs vereiste-lysies ten koste van betekenisvolle vordering wat beteken hulle ervaar nie werklik die voordele van ware geslagsdiversiteit nie.

Vordering in die hoeveelheid besighede met vroue in senior bestuursposte was grotendeels gedryf deur ontwikkelende ekonomieë, soos in Afrika (waar 89% van besighede ten minste een vrou in ’n senior bestuursposisie aangestel het) en in Oos-Europa (87%), terwyl Layns-Amerika die grootste toename (van 52% na 65%) gesien het van vroue in senior bestuursposisies. Maar, daar was ook merkwaardige toenames in sekere ontwikkelde streke soos in Noord-Amerika (van 69% tot 81%) en die Europese Unie (van 64% tot 73%).

Ontluikende ekonomieë hou ook steeds aan om die hoogste proporsie vroue in senior rolle te sien, insluitend Oos-Europa (36%), Latyns-Amerika (30%) en Afrika (30%).

Geslagsgelykheidspraktyke

Thornton se verslag het ondersoek ingestel oor die rol wat beide besighede en regeringsbeleid in verandering speel. Die ondersoek het bevind dat besigheidsbeleid, op ’n globale vlak, belowend voorkom; daar is regverdige betaling, betaalde ouerskapsverlof, buigbare werksure, en ander soortgelyke beleide. Maar die lande met besighede wat hierdie tipe beleid in plek het, is nie noodwendig daardie wat die meeste geslagsdiversiteit toon nie. Beleid skep nie alleen werklike vooruitgang nie.

Meeste Suid-Afrikaanse firmas het nie goed gevaar op ’n aansienlike hoeveelheid geslagsgelykheidspraktyke nie, insluitend senior bestuursbetaling wat geskakel is aan vordering op geslagsgelykheid (14%); die opsie vir deeltydse werk (39%); en subsidies op kindersorg (5%).

Aan die ander kant het 93% van plaaslike besighede genoem dat hulle mans en vroue gelyk betaal vir soortgelyke rolle. 88% het ’n nie-diskriminasie beleid vir indiensname, 71% het betaalde ouerskapsverlof en net meer as die helfte (51%) het fleksietyd voorsien vir hul werknemers.

Hierdie stel ’n belangrike vraag: As beleid vroue nie meer dryf om die rangleer te klim nie, ten spyte van wye gebruik, wat sal hulle dan motiveer?

“Die verslag beklemtoon dat besighede wat goed vaar besighede is met beleide en praktyke gewortel in die werklike oortuiging dat geslagsdiversiteit ’n goeie bydrae kan lewer,” sê Bac.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

3 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

5 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.