kategorieë: Ons menseBekendes

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto’s: Instagram/Bernice West

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het ‘n pragtige nuwe hoofstuk in hul lewe betree met die geboorte van hul eerste lyfie, ‘n dogtertjie genaamd Lua Erasmus op 14 Januarie. Bernice het die opwindende nuus Saterdag met haar aanhangers op sosiale media gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In haar aansteeklike styl het sy die volgende geskryf:

“Hierdie jaar lyk my en Jannes se huweliksherdenking ‘n klein bietjie anders, want Momma B & Pappa J has entered the Parental chat, unexpectedly.  Daar is nie woorde wat hierdie gevoel kan opsom nie, die emosies, golwe van liefde, skok, excitement, geluidjies en geselsies is iets wat nie ek of Jannes kan beskryf nie. Ek en Jannes het die afgelope paar dae besluit om net elke liewe oomblik in te neem!”

Die egpaar, wat in 2023 op die Lunikhy-wildsplaas naby Bela-Bela afgehaak het, het Lua se aankoms op hul huweliksherdenking as ‘n “onverwagte seën” beskryf.

“As ons vir die horlosie kyk is daar ‘n paar ure om waarvan helfte daarvan net was om vir haar te staar… ek dink ek verstaan nou hoekom ouers sleep deprived is, want die view is net te mooi om jou oë toe te maak! Ek en Jannie gaan verseker ons tyd vat om hierdie net nog meer in te neem en uit te figure.”

Volgens ‘n vorige plasing op Jannes se sosiale media, was die keuse van Lua se naam ‘n besonderse reis vol gebed en nadenke. “Hierdie was waarskynlik hoekom die Here vir jou 9 maande gee om voor te berei, want om die regte naam te kies was nie so eenvoudig soos ons gedink het nie,” skryf hy.

Bernice het verskeie voorstelle gehad, terwyl Jannes honderde name en hul betekenisse nagevors het. Selfs ‘n boek vol voorstelle het nie die regte antwoord gegee nie. “Ek stel myself voor hoe ‘n graad 2-juffrou dalk sukkel om die naam uit te spreek, en sy vir die res van haar lewe mense moet reghelp,” vertel Jannes.

Uiteindelik het die inspirasie gekom uit die simboliek van lig, wat ‘n prominente element in hul lewe is. Jannes verduidelik hoe lig ‘n groot deel van sy vertonings is en hoe Bernice self lig bring waar sy ook al gaan. In die musiekvideo van SonopBlom sê Bernice aan die begin: “Ek wil baie graag eendag die son gaan vang en in ‘n lantern bêre sodat ek lig kan gaan maak op plekke waar daar nie lig is nie.”

Met hierdie simboliek in gedagte het die paartjie op die naam Lua besluit – ‘n naam wat afkomstig is van die stamnaam Lukas, wat “bringer of light” beteken.

Jannes vertel hoe hy een oggend besig was om vir Bernice en Lua te bid terwyl hulle geslaap het. Hy het die Here gevra om die naam te bevestig, en op daardie oomblik het Lua geskop. Hy het weer vir ‘n teken gevra – en sy het wéér geskop. Bernice het ook ‘n onverklaarbare bevestiging ontvang toe die are op haar hand die letters van Lua se naam gevorm het.

Bernice se are op haar hand vorm die letters van Lua se naam.

Bernice en Jannes werk skouer aan skouer aan hul loopbane – sy as sanger en liedjieskrywer, Jannes as haar bestuurder, musiekvervaardiger, regisseur en skrywer in eie reg.  Die twee ken mekaar al sedert Bernice se skooldae aan die Hoërskool Rustenburg, waar Jannes destyds ʼn toneelgroep op die been gebring het. Sy het hom gereeld raad gevra oor toneelspel, maar daar was nie sprake van romanse nie.

“Ek was in graad 8 toe ons ontmoet het en hy was die ‘outjie met die mooi kuite’ van die toneelgroep waaroor al die meisies mal was. Natuurlik het hy my skaars daai tyd raakgesien,” sê Bernice.


Dit was eers in haar matriekjaar wat die liefde begin blom het, maar Jannes het destyds gevoel te veel het teen hulle getel.

“Dit was haar laaste skooljaar, ek was heelwat ouer as sy en ek het besluit om eerder terug te staan …”


Bernice was hartgebroke en het haar trefferliedjie “Sonop-Blom”, die eerste liedjie wat sy uitgereik het, oor Jannes geskryf.


“Ek het die liedjie op Instagram gehoor en haar nog so ewe laat weet dis so nice,” sê hy. “Min het ek geweet die liedjie gaan oor my!”

Dit was eers later, toe hulle weer gereeld kontak gehad het, wat Jannes besef het daar is iets anders, iets spesiaals, omtrent dié meisie met die mooi stem. Sy was eg. Iemand wat klein dingetjies raaksien en vir wie ʼn piekniek langs ʼn dam meer as groot of duur romantiese gebare beteken.

Lees ook: KYK | Dricus du Plessis vier sy verjaarsdag én verlowing!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.