kategorieë: FiksheidGesondheid

Bergfietsry: Oorwin sagte sand

Bergfietsry: Oorwin sagte sand deur Anet Schoeman. Hooffoto:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sagte sand werk jou gal op twee maniere. Eerstens kom jy agter dat jy nie naastenby so fiks is as wat jy gehoop het nie as jy swetend en swetsend lang stukke deur die sagte sand moet swoeg. Boonop kry jou getroue ysterperd ’n wil van sy eie en laat jou buite beheer slinger. ’n Bietjie soos daai weerbarstige winkeltrollie wat onwillekeurig skeef trek en die netjiese dame voor jou se hakskene aftrap …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pyle:
Groen: Kyk na die einde van die sandseksie
Geel: Draai jou naeltjie in die rigting waarheen jy kyk. Hou aan om jou heupe te draai om jou lyf in die eindpunt se rigting te hou soos die fiets onder jou wikkel.
Arrows:
Green: Look towards the end of the sandy section.
Yellow: Point belly button in direction of where you are looking, and rotate hips to keep body pointing towards the end of the section as the bike “snakes” under you.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak so:

1. Bly sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Verander na jou maklikste rat.

3. Sagte sand skep weerstand; net soos in die geval van opdraande, en dus is heelwat van die beginsels dieselfde.

Lees ook: Oefen vir steil opdraandes

4. Vou jou elmboë in om te verhoed dat die handvatsels te veel wikkel.

5. Die fiets gaan deur die sand wikkel soos ’n slang – moenie die beweging veg nie. Hou liggies aan die handvatsels vas.

6. Hou jou oog op die eindpunt en korrigeer jou liggaamsposisie sodat jou heupe na die eindpunt gedraai bly soos jy deur die sand wikkel.

7. Hou aan met trap; die drukking op die pedale gaan jou  balans verbeter.

8. Doen alles in jou vermoë om nie te stop nie, want om weer aan die gang te kom is bitter moeilik en dus gaan jy verder moet stap.

NB: Die druk van jou bande is belangrik. Sorg dat dit nie te styf is nie. Harde bande sak in die sagte sand en het nie genoeg traksie om jou vorentoe te dryf nie.

Die band moet effens meegee as jy daarop druk. Effense sagter bande help die wiel om oor die oppervlak sand te dryf en gaan meer traksie bied wat verhoed dat jy soos ’n halsstarrige donkie vassteek.

Ons het dit sommer ook vir ons Engelssprekende lesers vertaal:

Conquering soft sand

1.Stay seated.

2. Change to the easiest gear.

3. Soft sand adds resistance, much like a climb does. Many of the same principles therefore apply.

4. Bring elbows in to limit the wiggling of the handlebars.

5. The bike will “snake” through the sand. Don’t fight it. Keep hands lightly on the handle bars.

6. Look to the end and correct your body position to face the end as the bike “snakes” through the sand.

7. Just keep pedaling. The pressure on the pedals helps keep balance.

NB: Tyre pressure is important. Tyre pressure must not be too hard as hard tyres will dig into the soft sand and have no traction.

Tyres must have some “give” if you push down on the tyre. Slightly softer tyres helps the wheel to float more on top of the sand and increase traction to drive you forward.

Lees ook: Pak só vir ’n multifase-bergfietsmaraton

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

21 minutes Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.