Maak gereed vir een van die mees geliefde wedrenne/wedlope op die bergfiets- en hardloopkalender. Die 2017 Husqvarna Classic Mid-Illovo MTB-uitdaging en -hardlooproete vind plaas net minder as twee weke voor die uitmergelende Sani2C, wat dit nie-onderhandelbaar maak vir diegene wat ’n genadelose oefenprogram volg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Die beste van enige een-dag-gebeurtenis,” is hoe baie deelnemers al dié MTB-roete beskryf het. En as dit nie genoeg is nie, is die uitsig manjifiek!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Moenie uitmis op die 40 km Safire MTB Classic nie. Dit sluit twee omheinde en skilderagtige wildreservate in: Gwahumbe Game en Spa and iNsingizi.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vir ernstige deelnemers is die 60 km Husqvarna Classic MTB X-treme net die ding. Daar is ook ’n groot verskeidenheid opsies waarby die hele familie ingesluit is, soos die 18 km Gwahumbe Family Experience en die 10 km Fun Ride.
Die 18 km en 9 km iNsingizi-hardlooproetes strek oor ruwe terrein deur die wildreservate.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die hardloop-wedloop sal vroeg begin (6:30) sodat deelnemers die kans gegun word om aan die tweekamp (hardloop-/loopwedlope en die bergfiets-wedrenne) deel te neem.
Doen jou deel: skenk ’n Uzwelo-skooltas aan ’n minderbevoorregte Mid-Illovo-kind as jy ’n ekstra R130 by jou inskrywing voeg.
Inskrywings sluit op 26 April 2017 om middernag, maar laat inskrywings sal wel op die dag self aanvaar word. Registrasie begin 5:30, met die eerste MTB-wedren (60 km) wat om 7:30 begin.
Skryf aanlyn in by www.roag.co.za of kontak ROAG by info@roag.co.za of 086 100 ROAG (7624)
Vir meer inligting besoek gerus www.husqvarnaclassic.co.za
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.