kategorieë: FiksheidGesondheid

Bergfiets hou jou nederig

Ek het al baie sportsoorte in my lewe gedoen, maar niks het my nog soveel opwinding en nederigheid as bergfiets gebring nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Neem hardloop as ’n voorbeeld. Ek hardloop al so lank as wat ek kan onthou. Klaarblyklik was ek een van daardie kinders wat nie vir ’n oomblik kon stilsit nie. Oor die jare het ek al saam met verskeie vriende, groepe en afrigters gehardloop en elkeen het ’n aandeel gehad om my by geleentheid vinniger en fikser te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar nog nooit het ek aan die begin van ’n wedren gestaan en wonder of ek gaan weet hóé om te hardloop nie. Geen middernagtelike angsaanvalle dat jy soos ’n steeks perd voor ’n afdraand gaan vassteek omdat jy nie weet hoe om daar af te hardloop nie. Gaan ek daai gedeelte onder die brug regkry, wat van die skerp draai in die snelweg op 10 km. Of die vertrapping by waterpunt drie? Of daai hoë brug oor die snelweg op 17 km …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Solank jy die afstand kan volhou, gaan jy in een stuk klaarmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bergfiets is ’n ander perd. ’n Wilde perd wat jou sommer maklik afskud as jy nie genoeg ervaring het nie. En nog verder gooi as jy ervaring het maar jy jou verbeel jy’t jou supervroumantel aan. Jy kan so fiks wees soos Caroline Wöstmann, maar as jy nie die vaardighede het nie, gaan jy letterlik en figuurlik op jou knieë eindig.

W2W 2016 is my eerste ervaring van hierdie wedren en siende dat ek eers verlede jaar begin bergfiets ry het, is dit boonop ’n redelike uitdaging. Kyk jy na die foto’s op die W2W-webwerf as ’n natuurliefhebber is dit asemrowend mooi. Oulike bruggies oor pragtige berghange, lieflike nou paadjies met A-raam bruggies, laaaaang nou bruggies, interessante skewe bruggies, opdraand bruggies, bruggies op hemelhoë stellasies …

Het ek gesê van die bruggies?

As jy nie bruggies “spot” vir hierdie wedren nie, is jy onderdeur voor jy begin het. Op die W2W-video’s van vaardigheidswenke deur Joanna Dobinson verduidelik sy die geheim van bruggies: kry spoed, wees in die aanvalsposisie en kyk ver vorentoe. Dit lyk maklik genoeg as jy haar elegante bewegings dophou waar sy soos ’n danser oor bruggies swiep en wip.

Kyk jy na die foto’s van die algemene ryers is daar vele nerfaf knieknoppe en elmboë. En modder. Sommer baie modder.

Hopenlik kry Johannesburg reën, want ek “spot” bruggies en modder …

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.