Berg jou medisyne reg: 5 dinge wat almal moet doen deur Salomé Delport. Inligting verskaf deur die Self-Medication Manufacturers Association of SA
1. Naby genoeg vir noodgevalle
Stoor alles bymekaar sodat dit in ’n noodgeval byderhand is.
2. Droog, donker, en koel
Bêre dit in ’n droë, donker, koel plek aan gesien lig, lug, hitte en vog medisyne kan affekteer. Die badkamer is dus uit.
3. Hou die oorspronklike houers
Hou elke medisyne in sy oorspronklike houer. Dan weet jy wat dit is en hoe om dit te gebruik.
4. Genoeg lig vir lees
Sorg vir goeie lig waar jy jou medisyne berg sodat jy die voorskrif en voubiljet kan lees.
5. Hou buite bereik van kinders
Sorg dat jou medisyne óf toegesluit word, óf hoog en buite bereik van kinders gebêre word.
Inligting verskaf deur die Self-Medication Manufacturers Association of SA
Lees ook: Vakansieplanne en pille wat werk: Raad vir sonsteek, blase, jig en geswikte enkels