kategorieë: KersfeesKos

Bereide beet-en-jenewer-salm

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorbereidingstyd: 30 minute plus marinering

• 500-600 g salm-fillet, met die vel
• 2 e jenewerbessies
• ½ t swartpeperkorrels
• 2 e seesout
• 2 e suiker
• 5 e Hendrick’s Gin
• 150 g rou beet, geskil en gerasper (dra rubberhandskoene!)
• 3 e gerasperde peperwortel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir die gepekelde komkommer
• 75 g strooisuiker
• 1 ½ t seesout
• 175 ml witwynasyn
• 10 peperkorrels
• skil van ½ suurlemoen
• 1 komkommer, geskil, ontpit en gesny

1 Verwyder enige grate van die salm met ’n tangetjie. Berei ’n bakplaat met kleefplastiek en plaas die salm daarop, velkant onder.

2 Breek die jenewer en peperkorrels in ’n stamper en vysel. Meng met die res van die bestanddele en smeer die mengsel oor die salm. Draai kleefplastiek om en oor die bokant (’n paar keer). Plaas nog ’n bakplaat bo-op en druk dit plat met blikkies. Verkoel vir ten minste 36 uur en verkieslik 3 dae.

3 Verwyder die kleefplastiek vanaf die vis en krap die marinade af. Die salm sal teen hierdie stadium baie goed vries en vir 5 dae in die vrieskas vars bly.

4 Vir die gepekelde komkommer: Los die suiker en sout oor ’n lae hitte op en voeg die witwynasyn, peperkorrels en suurlemoenskil by. Plaas eenkant om af te koel. Gooi die komkommer bo-oor, bedek en plaas in die vrieskas vir ten minste 1 uur of oornag.

Vir ander geure, meng die volgende bestanddele, smeer dit oor die vis en bedek so bo beskryf.

Vir Bourbon-en-swartpeper-salm
• 2 e swartpeperkorrels
• 2 e seesout
• 2 e suiker
• 5 e Bourbon of whiskey
• 5 e fyngekapte vars dille

Vir rysbier-en-sesam-salm
• 2 e koljandersaad
• 2 e seesout
• 2 e suiker
• 5 e rysbier
• 2 e wasabi-pasta
• 5 e geroosterde sesamsade

#rooirosewenk

Om die salm te sny, benodig jy ’n behoorlike gerookte salm-mes (die moeite werd as jy gereeld met salm werk), of ’n fileermes vir vis. Maak seker die mes is vlymskerp en sny die salm in dun skyfies. Bedien die salm met sodabrood, komkommer en crème fraîche.

Jy kan een van vier Hendrick’s Gin Enchanter-geskenkpakke ter waarde van nagenoeg R400 elk wen! Klik hier om in te skryf.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

3 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

3 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

3 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.