kategorieë: WenkeGrimering

Bemeester pragtige grimering met #5MinuteMeer

Wens jy ook dat jy soggens #5MinuteMeer gehad het vir jou grimering? Ons het ons Facebook-aanhangers gevra wat hulle met #5MinuteMeer sou doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Almal wat hul menings gegee het, staan in die ry om ’n Clinique-geskenkpak te wen. Wees op die uitkyk vir ons weeklikse Clinique-kompetisies op ons Facebook-blad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Let wel: Wenners word in April 2016 aangekondig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons aanhangers sê hul sê

• “As ek 5 minute meer gehad het, sou ek ’n lekker skuimbad vat en ’n gesigmasker opsit. Dis iets waarvoor ek nooit tyd kry nie!” – Liezl Brynard

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• “Ek sou my haaropknapper 5 minute langer aanhou. Die resultate is net soveel beter! ” – Charlotte Pretorius

• “Ek sal nog ’n rukkie slaap”. – Anne Botes

• “Met 5 minute meer in die oggend sal ek meer moeite doen met my grimering.” – Anita Steenkamp

Ons vyf beste grimeerwenke

1. Lyk dadelik maerder deur verbronsingspoeier rondom jou gesig van oor tot oor op jou kaak te gebruik.
2. Skud altyd oortollige blosser van jou grimeerkwassie af om te keer dat jou blosser mors of dat jou wange soos die van ’n “porseleinpop” lyk.
3. As jy gesigpoeier aanwend, vee die kwassie ook sommer oor jou wimpers voordat jy maskara aanwend. Die poeier op jou wimpers sal dit laat voller lyk.
4. ’n Romerige oogskadu (ek hou van Bobbi Brown se Longwear Cream Shadow), en maskara is blitsig om aan te wend as jy haastig is.
5. Rooi lipstiffie is die vinnigste manier om “gedoen” te lyk. ’n Ligte onderlaag, ’n bietjie blosser en maskara is al wat jy nodig het as jou tyd beperk is.

Klik hier vir nog 15 grimeerwenke.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Vinnige salmpasta

Genoeg vir 4. Bestanddele   500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…

14 hours Gelede

Hoe om jou hond se ore skoon te maak

Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…

15 hours Gelede

Gevulde soetrissieslaai

Bestanddele   3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…

15 hours Gelede

10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…

17 hours Gelede

Van speelskool na grootskool: 5 wenke

Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay   Om by die…

18 hours Gelede

Verleng die lewe van jou swembroek

Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.