Genee Foulston, haar- en grimeerkunstenaar wys vir ons hoe:
Stap 1
Maak jou hare netjies vas in ’n poniestert (min of meer waar jy wil hê jou bolla moet sit). Hou nou die punt van jou poniestert vas.
Stap 2
Gebruik ’n bolla-ring soos die een van Denman en trek die punt van jou poniestert daardeur.
Stap 3
Vou nou jou hare al rondom die bolla-ring en dop keer op keer die bolla-ring af na jou kopvel toe. Soos wat jy die bolla-ring omdop, druk jou hare in die middel in. Hou aan totdat die bolla-ring gemaklik op jou kop sit.
Stap 4
Steek nou enige los hare in plek met knippies en rond af met haarsproei om enige los haartjies te tem.