kategorieë: Skoonheid

Belê in skoonheidsprodukte, ondersteun borskanker-veldtogte

Die meeste van ons weet van, of ken iemand wat geraak word deur borskanker. Dit is ’n realiteit wat baie somber is, maar gelukkig is daar baie organisasies met hul eie veldtogte óf wat bydra tot veldtogte teen borskanker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

ghd

ghd het onlangs hul beperkte uitgawe ghd pink blush collection geloots. Vir ’n geruime tyd werk hulle saam met nie-winsgewende organisasies om geld in te samel vir veldtogte teen borskanker. In die afgelope 13 jaar het hulle R220 miljoen ingesamel, en beoog om die syfer vanjaar te vermeerder, sodat hulle nóg meer mense kan help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met elke ghd platinum limited edition pink styler and roll bag (R3 099) wat verkoop word, word R100 daarvan aan PinkDrive geskenk. Dieselfde geld met die verkope van hul ghd V limited edition pink blush styler and roll bag (R2 599). Dié stileerder maak jou hare vinnig glad en laat dit mooi blink, asof jy pas uit ’n salon gestap het. R100 word ook geskenk wanneer jy die ghd air limited edition pink hairdryer and dust bag (R1 999) koop. Dit gee volume en blaas die hare lekker vinnig droog, met ’n mooi gladde voorkoms. Die oulike ghd limited edition pink paddle brush (R350) haal vinnig koeke uit jou hare en wanneer jy die produk aanskaf, skenk jy R10 aan PinkDrive.

Avon

Die statistieke hierbo wys die verskil wat Avon al gemaak het in die veldtog teen borskanker. Een biljoen dollar is reeds regoor die wêreld ingesamel om vroue wat deur borskanker geraak word, te help, asook organisasies wat help met die verkoming, hulp en bewusmaking van geweld teen vroue en kinders. Verskillende produkte word verkoop deur verteenwoordigers van Avon om te help met dié insameling.

In Suid-Afrika het Avon al reeds meer as R22 miljoen geskenk aan bewusmaking en die geleentheid vir vroue om te gaan vir mammogramme. Hulle het ook ’n verdere R7 miljoen vir geweld teen vroue en huishoudelike geweld geskenk. Saam maak die kliënte, verteenwoordigers en werkers van Avon ’n verskil in soveel vroue se lewens.

Avon bied ook in Oktober vanjaar hul 12de Ithemba Walkathon aan. Hierdie wedloop word jaarliks gehou om fondse in te samel. As jy op 22 Oktober in Johannesburg is, moet jy dit beslis in jou dagboek skryf.

Placecol

Vanaf Augustus tot Oktober 2017 skenk Imbalie ’n gedeelte van die verkope van die Placecol Illumine neck & decolete Lift (R295) en Placecol Neck & Bust Gel (R390) aan die nie-winsgewende organisasie, Reach for Recovery. Die hoofdoel van die organisasie is om ondersteuning aan pasiënte en hul families te verskaf. Besoek jou naaste Placecol-salon vir meer inligting.

Matsimela

Tydens borskankerbewustheidsmaand (1 Oktober – 31 Oktober) gaan Matsimela 5% van elke produk se verkope uit die Litchi & Rose-reeks aan PinkDrive skenk. Pinkdrive is die eerste organisasie wat mammogramme doen in hul mobiele kliniek. Hulle doen toetse vir borskanker op beide mans en vroue. Besoek Matsimela se webwerf vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.