kategorieë: Ontspanning

Bekroonde landgoed stel jongste oesjare bekend

Danksy De Wetshof, Backsberg en Simonsig is chardonnay behoorlik in Suid-Afrika gevestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Danie de Wet se twee seuns, Johann en Peter, het die afgelope paar jaar die leisels geneem as onderskeidelik besturende direkteur en wynmaker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Die spoggerige Silo Hotel in die Kaapse Waterfront was die ideale plek om die eerste media-proe en -middagete in drie jaar te hou. Covid het die meeste wynproegeleenthede in virtuele ervarings omskep en dit was ’n voorreg om die nuwe oesjare van die De Wetshof Bateleur, Bon Vallon, The Site, Finesse en Limestone Hill te kon proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Johann de Wet, besturende direkteur van De Wetshof-wynlandgoed, en Bennie Stipp, bemarkingsdirekteur, by die middagete en proe.

Toe die hyser se deure op die sesde vloer oopgaan reg langs die Willaston-kroeg, is elke gas met ’n glas Lilya Rosé 2022 verwelkom. Die wyn is na Johann se dogtertjie genoem.

Die hotel se uitsonderlike geboë vensters bied onbelemmerde uitsigte oor die stad, Tafelberg en die hawe.

Gaste het gehoor dat die Chardonnay du Monde 2022 (Chardonnays van die Wêreld) – dié gerekende chardonnay-kompetisie – vanjaar die De Wetshof Bateleur Chardonnay 2020 as een van die toptien-chardonnays in die wêreld aangewys het en die wyn palm ook ’n goue medalje in. Altesaam 546 wyne van 32 lande is deur ’n uitgelese paneel beoordeel en hulle het net 56 goue medaljes toegeken.

Die Finesse 2021, The Site 2020 en Bateleur 2020 is laaste en in daardie volgorde geproe.

By verlede jaar se Veritas 2021-toekennings ontvang De Wetshof ’n dubbelgoud vir die Danie de Wet Sur Lie Chardonnay 2021 en goud vir die ongehoute Bon Vallon 2021.

De Wetshof domineer sedert 2015 die Veritas ongehoute chardonnay-kategorie. En wat meer is, hierdie vars styl ongehoute Chardonnay is vandag gewilder as ooit onder Suid-Afrikaanse wynliefhebbers, vertel Johann oor middagete.

Hy voeg by dat chardonnay tans internasionaal die gewildste wynkategorie is.

Johann het vertel dat die Bon Vallon in 1992 Suid-Afrika se eerste ongehoute chardonnay was, in ’n tyd toe almal geglo het dat chardonnay houtveroudering moes kry. Die Finesse is wel in hout verouder, maar vir slegs 8-10 maande en in tweede of derde vul vate, nie soos die ander gehoute chardonnays wat tot 12 maande in nuwe vate deurbring nie.

Lees nog: Franse wyne en konjak spog op Suid-Afrikaanse bodem

Daar is grappenderwys verwys na die keuse van die vertrek waar die proe en ete aangebied is: die Wisdom-kamer, wat glo sal bydra om Johann meer wysheid te gee, want hy het in dieselfde week 40 jaar oud geword.

Die wyne wat gaste kon proe, was die Limestone Hill 2022, Bon Vallon 2022, Finesse 2021, The Site 2020 en Bateleur 2020 – en is in daardie volgorde geproe.

Die Limestone Hill word koud gehou.

Die middagete is tapasstyl geniet en het onder meer bros calamari met groen appel, geroosterde kasjoeneute en slaai; geroosterde beeshaasskywe met ’n sitrussous; en eiervrug-ceviche as voorgereg ingesluit.

Die middagete is tapasstyl geniet en het onder meer geroosterde beeshaasskywe met ’n sitrussous ingesluit.

Die hoofgereg was ’n keuse tussen biefstuk, ’n sampioengereg of vis van die dag.

Een van die hoofgereg-keuses was ’n biefstuk en skyfies wat die Finesse 2021, The Site 2020 en Bateleur 2020 baie mooi gekomplementeer het.

Een van die hoofgeregkeuses was vis met roket en tamatie, wat die Finesse 2021, The Site 2020 en Bateleur 2020 baie mooi gekomplementeer het.

’n Laatmiddagtee met soetgoed is bedien, maar gaste kon enige van die wyne saam met hul geregte geniet.

’n Laatmiddagtee met soetgoed is bedien, maar gaste kon enige van die wyne saam met hul geregte geniet.

Johann het ’n heildronk op almal se gesondheid en meer sulke geleenthede ingestel. “Ek wil hê almal regoor die wêreld moet ons chardonnay drink en presies weet waar die druiwe vandaan kom. Ons wyne – selfs die ongehoute chardonnays het wonderlike verouderingspotensiaal.”

Johann het ’n heildronk op almal se gesondheid en meer sulke geleenthede ingestel.

Woorde: Maryke Roberts

Foto’s: Clifford Roberts

Lees nog: Raar, ouer wyne op veiling

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.