kategorieë: GrimeringSkoonheid

Beklemtoon die kleur van jou oë

Dit kan stresvol wees om ooggrimering te koop. Daar is so baie kleure dat dit soms intimiderend kan wees, maar sodra jy die regte kleure gevind het, maak dit die proses heelwat makliker. Die regte skakering oogskadu kan die kleur van jou oë laat uitstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Onthou: jou persoonlikheid speel ’n groot rol in die grimering wat jy kies, jy moet gemaklik wees met wat jy dra. Daar is een groot reël van grimering … daar is geen reëls nie! Eksperimenteer ’n bietjie met die grimering wat jy het en kyk wat vir jou werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blou oë

Foto: Instagram/@itsashbenzo

“As jou oë blou is, vermy koel kleure en probeer eerder ’n warmer kleur, dit sal jou oë se natuurlike kleur beklemtoon. Skakerings van grys en bruin is perfek vir diegene wat blou oë het, vermy blou oogskadu.” Dit is die raad van Muzi Zuma van die grimeerreeks 3INA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probeer ook meer oranje skakerings, soos koraal of self sjampanje.

“Brons of bruin werk ook goed. As jy jou grimering aanwend, maak ’n driehoek in die derde van jou oog en eindig dan deur ’n sagte roomkleurige oogskadu onder jou wenkbroue aan te wend.”
David White van L’Oreal

Groen oë

Foto: Instagram/@lucyhale

As jy groen oë het, is dit reeds helder en het jy nie noodwendig baie oogomlyner of helder oogskadu nodig nie. Wat vir my werk, is skakerings van bruin of selfs ’n bietjie pers. Vir ’n aandjie uit kan jy eksperimenteer met metaal- of helder kleure, maar as jy jou daggrimering aanwend, probeer iets meer natuurlik.

“Die warmer skakerings is baie vleiend vir diegene met groen oë. Probeer skakerings soos sepia, roesbruin, donkerpers, pienk/appelkoos, goud en ligpers.” Stel Muzi voor.

“Jy kan ook ’n pers maskara probeer. Ons hou van YSL Mascara Volume Effect Faux Cils in #4 of #5)” stel David voor.

Bruin oë

Foto: Instagram/@shaym

Vroue met bruin oë is gelukkig, want amper enige kleur sal hul oë komplimenteer.

Probeer ’n sagte, neutrale kleur soos ’n sagte pienk of bruin en eindig dit af met ’n oogomlyner. “Neutrale bruin skakerings met ’n diepblou oogomlyner sal die oë vars laat lyk” sê David.

“Jou persoonlikheid gaan ’n groot rol speel in die kleur wat jy kies. Skakerings wat baie goed sal werk, is goudbruin, rooi, blou, groen, brons, helderblou, ligblou en pers.” Stel Muzi voor.

Grys oë

Foto: Instagram/@emmastone_official_

“Donker skakerings werk die beste. Begin met ’n silwerwit kleur in die hoek van jou oog en wend donkerder grimering aan die buitenste gedeelte van jou oë, stel Muzi voor.

Jy kan ook eksperimenteer met olyfgroen, helderblou, swart, donkerbruin en pers.

Lees ook: 2023 is beslis die jaar vir bobs – bepaal só of ń kort kapsel by jou sal pas!

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.