kategorieë: Ons menseBekendes

Marciel Hopkins word ‘n mamma +4 ander bekendes wat vanjaar babas verwag!

Hooffoto: Instagram/Marciel Hopkins/May Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gewilde TV-aanbieder en model, Marciel Hopkins, het gister met haar Instagram-volgelinge gedeel dat sy en manlief, Handrè Lourens, hul eersteling verwag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens die voormalige Boer soek ‘n vrou-aanbieder se plasing sal Baba Hopkins-Lourens in Junie by hul gesin aansluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die Here het só duidelik met my hart gepraat oor die volgende seisoen van my lewe, so ons het groot gedroom oor hierdie baba-blessing en is gereed vir die avontuur van ‘n leeftyd wat voorlê,” skryf sy.

Lees ook: Greteli de Swardt ‘Jubel’ oor tweede kind se koms

Hierdie Suid-Afrikaanse bekendes verwag ook pienkvoete in 2025:

Bernice West

Die sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, verwag hul eerste klein lyfie, ‘n dogtertjie in Januarie vanjaar. Die paartjie het die opwindende nuus op Instagram gedeel deur aanhangers met ‘n ‘nuwe liedjie’ te verras wat toe al die tyd hul swangerskap-aankondiging is.

Melinda Bam

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, en haar man Adriaan Bergh, Mnr. Suid-Afrika 2011, verwag hul tweede kind, ‘n dogtertjie in Januarie vanjaar. Die egpaar het die nuus met hul volgelinge in ‘n stylvolle foto op Byblos Beach in St. Tropez, Frankryk gedeel. Hul eerste kind, Ruach, is op 10 Maart 2023 gebore.

Tamaryn Green-Nxumalo

Dokter Tamaryn Green-Nxumalo, ook ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika, “kon nie vir ‘n beter geskenk op haar 30ste verjaardag gevra het nie.”  Sy en haar man, Ze Ndwandwe Nxumalo, het verlede jaar hul baba-nuus in ‘n hartroerende video op sosiale media gedeel. Hul verwag ‘n dogtertjie.

Simoné Pretorius

Die 34-jarige aktrise is weer swanger, en in die wolke daaroor! Sy het November die opwindende nuus op Instagram gedeel en geskryf, “Een laaste rodeo.” Sy en haar man, Andries is reeds ouers van ‘n dogtertjie, Harper (3) en ‘n seuntjie, James wat amper ‘n jaar oud is. Die derde Pretorius-pienkvoet, ‘n dogtertjie maak in Mei haar opwagting.

Lees ook: Die akteurspaar Mila en Bennie is ouers!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.