Deur Catherine Schenck. Hooffoto @LeahMusiekSA
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Zetske van Pletzen sê sy glo nie in Valentynsdag nie, maar ons is so bly sy het hierdie foto van haar en manlief Altus Theart gedeel. (En natuurlik ook die rooi rok.)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees hier om meer uit te vind wat hierdie paartjie so goed laat werk
Lees ons nuwe onderhoud met Altus hier
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Emo Adams het ’n foto van sy pragtige vrou, Michelle Gildenhuys, gedeel en geskryf dat nie eers Valentynsdag sy liefde vir haar kan beskryf nie.
En Michelle het ’n foto van Emo en hul seuntjie gedeel – ware liefde!
Ons voorbladvrou vir Maart 2018, Leah het sommer twee Valentynsdag-foto’s gedeel. Die eerste liefde is natuurlik van haar man …
… en die tweede haar hondjie!
Loer hier agter die skerms na Leah se voorbladfotosessie en kry sommer nou jou nuutste rooi rose.
Simoné Nortmann wys dat mens ook ’n sin vir humor nodig het in ’n verhouding.
Lees ons vraag-en-antwoord-onderhoud met Simoné hier
Christi Panagio se Valentynskaartjie aan Nico Panagio is die LOVE IS …– strokies, waar sy self sê “liefde is … ’n lewe saam jou.”
… en Nico verklaar dat sy geliefde Christi “pure sonskyn” is.
Onthou jy dat Christi hierdie tyd laasjaar ons voorbladgesig was? Loer hier om daardie mooi voorblad te onthou, en hier om al ons Christi-voorblaaie te sien.
Ansu Visser is mal oor Valentynsdag en wens almal ’n heerlike Valentynsdag toe.
Al weet ons dat sy eintlik net oë het vir Edwin van der Walt.
Lees hier om meer uit te vind oor hierdie glanspaartjie
Lees ons onderhoud met Ansu Visser hier
Juanita du Plessis herinner ons dat hierdie dag van die liefde nie noodwendig gaan oor die man of vrou in jou lewe nie, maar ook die liefde wat jou vriende en familie vir jou het.
Sjef Sarah Graham se dogtertjie het gisteraand by flitslig in die geheim ’n Valentynskaartjie vir haar gesin gemaak. Hoe kostelik is dit?
Karlien van Jaarsveld sê sy het sommer vier Valentyne: haar man Joe, haar tweelingseuns Daniël en Eliah en babadogtertjie Elah.
Lees ons onderhoud met haar hier
Elana Afrika het die heel skattigste foto van haar dogtertjie gedeel en sê sy vier dié dag van liefde met haar man en dogtertjies.
Francois van Coke het ’n illustrasie van sy gesin gedeel en sommer vir almal ’n gelukkige Valentynsdag toegewens.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.