Deur Catherine Schenck. Hooffoto @LeahMusiekSA
Zetske van Pletzen sê sy glo nie in Valentynsdag nie, maar ons is so bly sy het hierdie foto van haar en manlief Altus Theart gedeel. (En natuurlik ook die rooi rok.)
https://www.instagram.com/p/BfLDmpVnqgI/?hl=en&taken-by=zetskevpletzen
Lees hier om meer uit te vind wat hierdie paartjie so goed laat werk
Lees ons nuwe onderhoud met Altus hier
Emo Adams het ’n foto van sy pragtige vrou, Michelle Gildenhuys, gedeel en geskryf dat nie eers Valentynsdag sy liefde vir haar kan beskryf nie.
https://www.instagram.com/p/BfK8qxLDuPR/?hl=en&taken-by=emo_adams
En Michelle het ’n foto van Emo en hul seuntjie gedeel – ware liefde!
https://www.instagram.com/p/BfKdWRQh-TI/?taken-by=michellegildenhuys
Ons voorbladvrou vir Maart 2018, Leah het sommer twee Valentynsdag-foto’s gedeel. Die eerste liefde is natuurlik van haar man …
https://www.instagram.com/p/BfLB3jdho54/?hl=en&taken-by=leahmusieksa
… en die tweede haar hondjie!
https://www.instagram.com/p/BfKuHnghDTm/?taken-by=leahmusieksa
Loer hier agter die skerms na Leah se voorbladfotosessie en kry sommer nou jou nuutste rooi rose.
Simoné Nortmann wys dat mens ook ’n sin vir humor nodig het in ’n verhouding.
https://www.instagram.com/p/BfLGMbTjmki/?hl=en&taken-by=simonenortmnn
Lees ons vraag-en-antwoord-onderhoud met Simoné hier
Christi Panagio se Valentynskaartjie aan Nico Panagio is die LOVE IS …– strokies, waar sy self sê “liefde is … ’n lewe saam jou.”
https://www.instagram.com/p/BfKXcKZnK4g/?hl=en&taken-by=christi.panagio
… en Nico verklaar dat sy geliefde Christi “pure sonskyn” is.
https://www.instagram.com/p/BfK72FGAffq/?hl=en&taken-by=nicopanagio
Onthou jy dat Christi hierdie tyd laasjaar ons voorbladgesig was? Loer hier om daardie mooi voorblad te onthou, en hier om al ons Christi-voorblaaie te sien.
Ansu Visser is mal oor Valentynsdag en wens almal ’n heerlike Valentynsdag toe.
https://www.instagram.com/p/BfLCw2TjfTF/?taken-by=_cutthemustardblog
Al weet ons dat sy eintlik net oë het vir Edwin van der Walt.
https://www.instagram.com/p/Be8YMqpAeHu/?hl=en&taken-by=kyknettv
Lees hier om meer uit te vind oor hierdie glanspaartjie
Lees ons onderhoud met Ansu Visser hier
Juanita du Plessis herinner ons dat hierdie dag van die liefde nie noodwendig gaan oor die man of vrou in jou lewe nie, maar ook die liefde wat jou vriende en familie vir jou het.
https://www.instagram.com/p/BfK4W_Kn8YZ/?hl=en&taken-by=juanita_du_plessis
Gepraat van families, hier is ’n paar bekendes wat hul liefde van hul gesinne deel:
Sjef Sarah Graham se dogtertjie het gisteraand by flitslig in die geheim ’n Valentynskaartjie vir haar gesin gemaak. Hoe kostelik is dit?
https://www.instagram.com/p/BfKx6YPgLNL/?taken-by=sarahgrahamfood
Karlien van Jaarsveld sê sy het sommer vier Valentyne: haar man Joe, haar tweelingseuns Daniël en Eliah en babadogtertjie Elah.
https://www.instagram.com/p/BfK_0QrF_N5/?hl=en&taken-by=karlienvanjaarsveld
Lees ons onderhoud met haar hier
Elana Afrika het die heel skattigste foto van haar dogtertjie gedeel en sê sy vier dié dag van liefde met haar man en dogtertjies.
https://www.instagram.com/p/BfK2ewflmCe/?hl=en&taken-by=elanaafrika
Francois van Coke het ’n illustrasie van sy gesin gedeel en sommer vir almal ’n gelukkige Valentynsdag toegewens.
https://www.instagram.com/p/BfLCjJhhtpa/?hl=en&taken-by=francoisvancoke