Bekendes se nuwejaarsvoornemens wat jou sal inspireer!

Deur Karlien Meiring. Hooffoto’s: Willem Botha & verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Leah

Ek wil gesonder probeer eet wanneer ek op die pad is, my eerste 10 kilometer draf, my eerste liedjie self skryf en vrystel, sowel as die Nasionale Volkslied by ‘n Springbok-wedstryd sing!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rolene Strauss

  • Voortgaan met Bybelskool waarmee ek middel 2022 begin het.
  • Ons beplan om ons gesinnetjie te vergroot.
  • My familie en seuntjies prioritiseer.
  • D’Niel ondersteun in sy nuwe boek, TV-program en alles wat daarmee gepaard gaan.
  • Beplan en werk aan ‘n toep  en sonbrilreeks
  • My tema vir 2023 is:  Geen verwyte
  • As dit by my gesondheid kom, wil ek voluit leef, waarlik teenwoordig wees, kosbare tyd met geliefdes spandeer en geleenthede voluit aangryp.

Nadia Beukes

Ek is ‘n groot aanhanger van nuwejaarsvoornemens – dis ‘n lekker “verskoning” om te besin oor drome en doelwitte vir die nuwe jaar en al kom ‘n mens dalk nie altyd by alles uit nie, stuur dit jou minstens in ‘n rigting.

In 2023 wil ek graag intensioneel my tyd bestee aan mense, projekte en passies wat ‘n positiewe energie kweek. My gesin, selfsorg, ‘n gesonde leefstyl en persoonlik groei is hoog op my lys vir 2023 en ek sal graag myself verder wil bevoeg om beide voor en agter die kameras my loopbaan uit te brei en aan te hou doen waarvoor ek lief is. Dit sal lekker wees om al my voornemens te kan kombineer in ‘n TV-program wat ook ander inspireer.  As ek tussendeur ‘n kilogram of twee kan afskud en myself op ‘n verhoog in ‘n musiekblyspel bevind, gaan ek ook nie kla nie!

2023 is vir my op hierdie stadium ‘n oopboek en ek is opgewonde om te sien wat dit inhou.

Samantha Leonard

  • Elke jaar neem ek ‘n besluit om myself te verander. Hierdie jaar maak ek ‘n voorneme om net myself te wees.
  • Ons word so maklik oorweldig deur die gejaag van die alledaagse. Ek wil God die middelpunt hou in alles wat ek doen, konstant fokus op wat regtig belangrik is en hoekom ek doen wat ek doen.
  • Ek gaan ‘n konstante poging aanwend om betekenisvol te lewe en teenwoordig in elke oomblik te wees. Die lewe is tydsensitief en ek wil myself ‘n tydraamwerk gee om doelwitte te bereik. ‘n Sperdatum sal ‘n mate van dringendheid inboesem en ‘n tyd verskaf wanneer ek my suksesse kan vier.
  • Om my omgewing gesond te hou, sal my help om hierdie doelwitte te bereik om meer georganiseerd en presies te wees sodat ek werklik kan groei.
  • Ontgifting van ongesonde verhoudings in alle aspekte van my lewe, Ek wil vry wees van dit wat ongesond vir my verstand, liggaam, en siel is.

Janie Bay

My slagspreuk vir 2023 is: Nuwe Dinge. Dis snaaks om te verduidelik, maar dit voel of dit die jaar is waarin baie nuwe dinge gaan gebeur en daar is al klaar iets op pad aan die begin van Februarie! Ek beplan onder andere om na Nederland en België te toer en om nog ‘n verwerking saam met ‘n plaaslike en internasionale kunstenaar te doen .

Mila Guy

My nuwejaarsvoornemens is om elke dag te vat soos dit kom en nie te vrees vir die toekoms nie, maar te vertrou dat die Here ń plan het vir my. Ek wil ook graag gesond bly en aktief wees.

Karlien van Jaarsveld

Ek het nooit Nuwejaarsvoornemens nie… elke dag is mos ‘n nuwe dag.

Ek vra God elke jaar wat Hy vir my wil wys vir die nuwe jaar en die jaar het ek ‘n beeld gesien van iemand wat met uitgestrekte arms in die reën staan en opkyk na die hemele en ek was dadelik herinner aan die skrif in Matteus 5 wat gaan oor God wat dit laat reën oor die regverdige en onregverdige. Dit gaan eintlik daaroor om toe te laat dat die stof van die menslike natuur deur die reën van God se waters af gewas word sodat die mens van sy gierigheid en begeertes ontslae kan raak en kan leer om sy vyand lief te hê en te seën.

Marciel Hopkins

Ek word dertig hierdie jaar, so my gesondheid en om goed te voel in my eie vel is bo-aan my lysie. Ek wil gesond eet, gereeld oefen en holistiese gesondheid prioritiseer. Selfvertroue is belangrik vir al die aspekte van my loopbaan en ek wil hierdie jaar groter uitdagings as aktrise aanpak wanneer ek die geleentheid kry. In terme van my ingesteldheid vir die nuwe jaar is dit vir my belangrik om teenwoordig te wees in alles wat ek doen. Ek sien ook uit na ‘n heerlike eiland en Europese vakansie wat voorlê!

Lees ook: Hoe om jou haarborsel behoorlik skoon te maak (en hoekom jy moet!)

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.