Katie Holmes en Tom Cruise se dogter Suri is nou 11 jaar oud. As baba het Suri in 2006 op die Oktober-voorblad van Vanity Fair verskyn saam haar ouers en hierdie uitgawe was ’n topverkoper vir daardie jaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }A post shared by Katie Holmes (@katieholmes212) on
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Julianne Moore en Bart Freundlich se dogter, Liv, is vyftien jaar oud en lyk op ’n druppel water na haar ma. Sy het al in ’n paar films verskynings gemaak maar dis onseker of sy ook in haar akteur-ma en regisseur-pa se skoene gaan volg. Liv is wel ’n model en het al in verskeie veldtogte verskyn.
Reese Witherspoon en Ryan Phillippe se oudste dogter, Ava Phillippe, het in September vanjaar 18 jaar oud geword. Ava is die oudste van drie kinders en verskyn gereeld saam het haar ma by rooitapyt-geleenthede.
Cindy Crawford, supermodel van die 90s, se dogter Kaia lyk nie nes sy nie, maar volg ook in haar ma se skoene. Kaia het haar modeldebuut op die ouderdom van 10 gemaak en het alreeds in tydskrifte soos Vogue verskyn. Sy is ook gereeld te sien op die modewêreld se loopplanke en het hierdie jaar selfs saam met haar ma in modeskoue verskyn.
David en Victoria Beckham se oudste seun, Brooklyn, lyk nes sy sokkerster-pa. Die tienderjarige Brooklyn is ’n aspirant-fotograaf en het vroeër die jaar ’n uitstalling gehou en ’n boek met foto’s gepubliseer. David en Brooklyn lyk boonop nie net na mekaar nie, maar het glo ook ooreenstemmende tatoeërmerke.
Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…
Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…
Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Hierdie webwerf gebruik koekies.