Katie Holmes en Suri
Katie Holmes en Tom Cruise se dogter Suri is nou 11 jaar oud. As baba het Suri in 2006 op die Oktober-voorblad van Vanity Fair verskyn saam haar ouers en hierdie uitgawe was ’n topverkoper vir daardie jaar.
Julianne Moore en Liv
Julianne Moore en Bart Freundlich se dogter, Liv, is vyftien jaar oud en lyk op ’n druppel water na haar ma. Sy het al in ’n paar films verskynings gemaak maar dis onseker of sy ook in haar akteur-ma en regisseur-pa se skoene gaan volg. Liv is wel ’n model en het al in verskeie veldtogte verskyn.
Reese Witherspoon en Ava
Reese Witherspoon en Ryan Phillippe se oudste dogter, Ava Phillippe, het in September vanjaar 18 jaar oud geword. Ava is die oudste van drie kinders en verskyn gereeld saam het haar ma by rooitapyt-geleenthede.
Cindy Crawford en Kaia Gerber
Cindy Crawford, supermodel van die 90s, se dogter Kaia lyk nie nes sy nie, maar volg ook in haar ma se skoene. Kaia het haar modeldebuut op die ouderdom van 10 gemaak en het alreeds in tydskrifte soos Vogue verskyn. Sy is ook gereeld te sien op die modewêreld se loopplanke en het hierdie jaar selfs saam met haar ma in modeskoue verskyn.
David Beckham en Brooklyn (en al sy ander kinders)
David en Victoria Beckham se oudste seun, Brooklyn, lyk nes sy sokkerster-pa. Die tienderjarige Brooklyn is ’n aspirant-fotograaf en het vroeër die jaar ’n uitstalling gehou en ’n boek met foto’s gepubliseer. David en Brooklyn lyk boonop nie net na mekaar nie, maar het glo ook ooreenstemmende tatoeërmerke.