kategorieë: HareSkoonheid

Bekendes se haar-transformasies

Die mees dramatiese haarstyl van 2017? Kate Hudson!

Van lang blonde lokke na afgeskeerde donker hare, Kate gaan beslis baie geld op sjampoe spaar met haar nuwe styl. Dié dapper transformasie was vir ’n filmrol en sy het op die Ellen de Generes Show erken dat kort hare nie altyd makliker is nie, veral wanneer dit begin uitgroei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Voor:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Na:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hoe lyk sy met selfs korter hare en wat sy daaroor te sê het:

https://www.ellentube.com/video/kate-hudson-is-eager-to-rock-a-mullet.html

Onthou: so ’n groot verandering kan emosioneel wees, so wees seker jy is gereed daarvoor.

Cara Delevingne: van platinum lob, afgeskeer en donker pixie

Cara verdien beslis ’n plek vir die mees dramatiese haarstylverandering.

Voor:

Foto: REX/Shutterstock/Greatstock

Cara moes haar hare afskeer vir die rol van ’n kankerpasiënt in die film Life in a Year. Met die afgeskeerde hare is daar beslis ’n “moenie-met-my-sukkel-nie-houding” wat daarmee gepaard gaan.

Foto: REX/Shutterstock/Greatstock

Die donkerder pixie-snit lyk baie mooi, ons verkies dit selfs bo haar platinum lob. Dit lyk sensueel en haar oë word beklemtoon.

Foto: REX/Shutterstock/Greatstock

Onthou: hare kan soos ’n veiligheidskombersie wees, en daarsonder kan jy baie kaal voel. Kyk hoeveel meer grimering Cara dra met haar korter haarstyle, omdat mens net na haar gesig kan kyk en nie na haar hare nie.

Selena Gomez: van brunette tot blondine

Voor:

Foto: REX/Shutterstock/Greatstock

Na:

Foto :Camera press/ Greatstock

Die blonde haarkleur beklemtoon Selena se pragtige velkleur. Kyk ook na die verskil wat dit aan haar gesigvorm maak. Donker kleure is geneig om spesifieke gesigvorms meer te beklemtoon as gevolg van die kontras, maar met die blonde kleur lyk haar gesig meer ovaalvormig en haar kakebeen minder hoekig.

Onthou: Jy gaan waarskynlik ’n hele paar besoeke aan die salon moet aflê om van brunette na blondine te verander. Blonde kleur verg ook baie meer instandhouding (lees tyd en geld) en pers sjampoe om geel hok te slaan. Jy gaan ook jou grimering moet aanpas en meer of sterker kleure moet dra.

Mila Kunis: van lank na lob

Mila se gladde lob lyk dadelik meer gesofistikeerd en glansryk. Die lob is die ideale styl as jy jou hare wil knip, maar nog nie die stap wil maak om dit heeltemal kort te knip nie. Hierdie styl kan steeds vasgemaak word, en jou droogmaak-tyd sal aansienlik minder wees.

Voor:

Foto: Splashnews/Greatstock

Na:

Foto: Splashnews/Greatstock

Onthou: Vermy te veel lae (wat jou hare op jou skoues kan laat uitflip) en kies eerder ’n reguit snit met minder maar swaerder lae.

Katy Perry: van lob na pixie-snit

Met hierdie styl trek Katy sommer nog meer aandag. Dit is ’n styl met houding, wat haar ook sommer so sal laat lyk.

Voor:

Foto; Splashnews/Greatstock

Na:

Foto: Splashnews/Greatstock

Onthou: As jy ’n langer gesigvorm het, sal dit jou gesig nog langer laat lyk. Jy sal ook baie gereeld vir kleuropknappings moet gaan aangesien selfs net ’n uitgroeisel op sulke kort hare baie sigbaar is.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

14 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

17 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.