kategorieë: Ons menseBekendes

Bekendes maak hul harte oop teenoor Lee-Ann van Rooi in nuwe geselsprogram

Sy is ’n bekroonde aktrise en teatermaker en vir menige ’n mentor in die TV-, rolprent- en teaterbedryf. Nou kan Lee-Ann van Rooi ook aanbieder van ’n geselsprogram by haar indrukwekkende CV voeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Waar daar ’n wil is gaan Lee-Ann in-diepte gesprekke met bekendes voer wat wissel van persone in die vermaakwêreld tot politici, aktiviste en baanbrekers. Elkeen van die gaste gaan vertel hoe hulle hul weg gevind het tot waar hulle vandag is. Dit gaan dus oor mense wat gewys het dat daar inderdaad ’n weg is waar daar ’n wil is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Eerlike gesprekke met Suid-Afrikaners wat regtig ’n verskil gemaak het en die kern verteenwoordig van dit wat ons óns maak,” sê Lee-Ann oor wat kykers van die program kan verwag. “Ons gaste het drie dinge gemeen: Hulle is uiteenlopend, hulle het ’n verskil gemaak en in hulle hart wil hulle hande vat met mense van wie hulle dalk verskil, maar saam met wie hulle dalk tog die wêreld ’n beter plek kan maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook:Tweede seisoen van ‘Een keer om die son’ amptelik in die pyplyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy sê ’n omgewing is geskep waarin gaste gemaklik voel om hulle stories te vertel. “Ons gaste se komvandaan verskil, maar ons voel ons is nou reg om die verskille te vier. Dit is juis ons verskille wat ons ons so sterk as ’n nasie maak. Die tekste is deur Ricardo Arendse en Francois Nolte geskryf, maar op die ou end moes ek ook luister en deel wat in my eie hart lê. Ek hoop almal gaan die program geniet, want my senuwees is gedaan oor hierdie eerste in my loopbaan.”

In elke program van 30 minute is daar ook ’n insetsel wat fokus op die ander fasette en mense in die gas se lewens.

Van die gaste waarmee Lee-Ann kopstukke gaan gesels, sluit in die voormalige krieketspeler Fanie de Villiers, die vroueregte-aktivis Lucinda Evans, die rocksanger en liedjieskrywer Francios van Coke, die nuwe Mej. Suid-Afrika Mia le Roux, en die voormalige Springbok en adjunk-burgermeester van Kaapstad Eddie Andrews.

Lee-Ann sê om voor te berei vir Waar daar ’n wil is, is baie anders as om vir ’n rol voor te berei.

“Dis ’n nuwe genre vir my en om nuwe vaardighede in hierdie stadium van my loopbaan te leer, is ’n eer. Ek skuil baie keer agter ’n karakter en ’n storielyn. Hier is ek gevra om ook bietjie van myself bloot te stel. Dis ’n groot uitdaging vir my om buite my gemaksone te speel, maar as dit jou nie bang maak nie, maak dit jou vet!

Waar daar ’n wil is begin op 4 Oktober om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Terug in die kollig: Heléne Lombard in ‘Binnelanders’ as Rentia Smit te sien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Sukkel jy om te slaap? Ons deel ses oplossings vir ses moontlike probleme sodat jy…

20 hours Gelede

GARDENA se tuinwenke en -idees vir herfs

Die dae word korter en die lug koeler en herfs bring ’n unieke sjarme en…

23 hours Gelede

Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner

Jou selfoon is dalk jou regterhand, maar navorsers het al ernstige bakterieë soos MRSA, Ecoli…

1 day Gelede

Redes hoekom jou neus maklik bloei

Jy vra: Hoekom bloei my neus so maklik? Ons het die redes gaan uitvind. #rrGesondheid

2 days Gelede

Sewe toekennings later… nou is ‘Som van Twee’ in fliekteaters te sien!

Die goeie nuus is dat dié feestreffer nou in fliekteaters landwyd te sien is.  …

2 days Gelede

Vandag is Wafeldag! Hierdie is die beste-este wafels

Genoeg vir 6     Bestanddele   250 g repiesspek 100 g pekanneute 15 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.