Die lob is nie net ’n styl wat maklik is om in stand te hou nie, maar dit is ook die een styl wat mooi lyk by almal. Wees braaf en waag dit, die styl sal jou hare varser, gesonder en stylvol laat lyk.
Laat jou hare natuurlik droog word, indien moontlik. Die hare sal dan meer tekstuur en volume hê. Jy kan ook met ’n krultang ’n bietjie definisie skep en die hare beter stileer. Jy kan ook ’n haarproduk met ’n effense matte-tekstuur op jou hare se punte sit om dit vorm te gee en te stileer.
Onthou om altyd ’n haarproduk te gebruik wat jou hare teen jou stileeraparate se hitte sal beskerm.
Indien jy jou hare droogblaas, gebruik ’n produk wat gaan help om volume te verskaf, soos ’n poeier of mousse. Gebruik die produkte by die wortels van jou hare, dit sal help om meer tekstuur aan jou hare te gee voor jy dit stileer.
Deur ’n Root lifting spray op jou hare se kroon-area te gebruik, sal jy ook ’n meer dramatiese styl kry.
Probeer die volgende produkte
#rrwenke
As jy fyn hare het, probeer ’n styl wat by die hare se natuurlike tekstuur pas.
’n Kuif is ’n baie goeie antwoord as jy fyn hare het, aangesien dit die illusie van volheid skep. Blonde hare is ook ideaal vir diegene met fyner hare.
Tekstuur en ’n snit met lae sal ook help om die hare voller te laat lyk.
As jy reguit, dun hare het kan jy dit krul om dit voller te laat lyk.
Speel met kleurskakerings. Maak jou hare donkerder by die wortels en ligter by die punte, ombré help laat dit byvoorbeeld lyk of jou hare meer dimensie het.
Die regte produkte, soos ’n produk wat volume gaan gee of die hare by die wortels gaan lig en keer dat dit nie platval nie, kan wondere verrig.