kategorieë: In die nuus

Bekende Suid-Afrikaanse ouermoorde

Vonnisoplegging vind vroeg in Mei plaas in die Griekwastad-moordsaak, een van die skokkendste ouermoorde en hofsake nog in ons regsgeskiedenis. Niemand wil glo dat die 17-jarige tiener wat aan die moorde op Deon (44) en Christel (43) Steenkamp en die moord en verkragting van hul dogter en sy suster, Marthella (14), skuldig bevind is, hul eie kind kan wees nie. Ouermoord druis immers in teen alle moraliteit, veral in ’n Christelike samelewing waar ons geleer word dat kinders hul ouers moet respekteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die onlangse Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis was daar egter heelwat ouermoorde wat die voorblaaie gehaal het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• In 2007 is Riaz Kadwa (24) skuldig bevind aan die moorde op sy ouers in Oktober 2005. Sy pa, Dr. Anwar Kadwa (50) was ’n bekende plastiese chirurg van Johannesburg, bekend as ’n man wat baie liefdadigheidswerk gedoen het deur onder meer talle operasies op kinders wat met gesplete verhemeltes gebore is. Dis onseker of Riaz ook beplan het om sy ma Munira (49) te vermoor, maar albei is dood in ’n koeël-reën van meer as twaalf koeëls. Anwar en sy vrou en suster het by hul ouers gewoon. Die aand van die moord het hy eers seks gehad met sy vrou, en toe albei sy ouers, vas aan die slaap in hul eie bed, gaan doodskiet. Sy pa is agt keer geskiet. Sy ma kon nog beweeg en het na die badkamer gevlug. Anwar is agterna, en het daar nog twee skote op haar geskiet: die eerste een mis, en die tweede skoot in haar gesig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy het aanvanklik skuld ontken en voorgegee dat die gesin beroof is. Hy is skuldig bevind aan beide moorde en regsverydeling, en tot 22 jaar (effektiewelik) in die tronk gevonnis. Die waarskynlike motief was gierigheid – Dr. Kadwa se boedel was ten tyde van sy dood minstens R10 miljoen werd, en sou na die verkoop van bates en die vereffening van skuld minstens R12 miljoen werd wees. Riaz het egter onder meer aangevoer dat sy pa sy ma wou verlaat, en dat dit tot groot konflik tussen hom en sy pa gelei het. Sy suster, Nabila (toe 19), is skuldig bevind op aanklag van regsverydeling en is ’n opgeskorte vonnis opgelê, en sy vrou Nabeela (23) is vrygespreek. Riaz het net matriek gehad en het nooit gewerk nie, en daar is nooit ? sielkundige verslag oor sy optrede opgestel vir hofdoeleindes nie.

Nicolette Lotter (25 jaar oud ten tyde van die moord) van Durban is in 2012 saam met haar broer Hardus en haar gewese kêrel Mathew Naidoo skuldig bevind aan die moord op haar ouers, Riekie en Johnny Lotter, op 19 Julie 2008. Nicolette, wat haar ma met ? mes doodgesteek het, het die skuld op Naidoo gepak en gesê hy het haar oortuig om dit te doen. Naidoo sou glo ook haar broer oorreed het om hul pa met ’n elektriese koord te verwurg. Naidoo het glo eers voorgestel dat hulle die Lotter-egpaar met ’n skokstok aanval en lug in hulle are inspuit om ’n hartaanval te weeg te bring. Naidoo (25) het glo ook na die moorde vir Hardus aangeraai om selfmoord te pleeg. Nicolette het aangevoer Naidoo wou deur haar en haar broer toegang kry tot haar ouers se geld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nicolette het beweer Naidoo was “die seun van God en dat dit God se wil was” dat haar ouers vermoor moet word. Sy het beweer dat sy ook self opdrag van God gekry het om haar ouers te vermoor.

Nicolette is tot 12 jaar gevangenisstraf op elkeen van die twee aanklagte gevonnis, wat gesamentlik uitgedien moet word. Sy kan teen 2022 reeds in aanmerking kom vir parool. Hardus (wat 19 was tydens die moorde) is tot tien jaar tronkstraf op elke klag gevonnis. Dit moet ook gesamentlik uitgedien word, en Hardus kan reeds teen 2018 aansoek doen vir parool.
Prof. Anna van der Hoven, kriminoloog aan Unisa, glo egter nie dat kinders hul ouers vir net een rede vermoor nie, en dat daar altyd meer as een motief is. Sy meen geld kan ’n rede wees, maar dat die behoefte om beheer oor jou eie lewe te neem, ook ’n moontlikheid kan wees. ’n Frustrerende verhouding tussen ouer en kind kan ook ’n rede wees.

In die boek A Southern African Perspective on Fundamental Criminology onder redaksie van Prof. Christiaan Bezuidenhout van die Universiteit van Pretoria word ouermoord (parricide) in drie verskillende kategorieë ingedeel: moedermoord (matricide), vadermoord (patricide) en dubbele ouermoord.

Die boek verduidelik verder dat daar ’n legio redes kan wees vir hierdie soort moorde. Ma’s wat vermoor word, was dikwels self geweldadig of afknouerig teenoor die kinders. In baie van die gevalle was daar baie swak verhoudinge tussen ma en kind, of die ma was buitensporig streng. In ander gevalle was dit kinders wat emosioneel verwaarloos is deur ’n ma, wat ’n fwesige pa gehad het en selfs kinders wat ’n buitengewone intieme en selfs seksueel uitlokkende verhouding met hul ma gehad hê.

Wanneer ’n kind ’n pa vermoor, is die motivering gewoonlik anders. Gierigheid, ’n onvermoë om gesonde gesinsverhoudinge te handhaaf, of mishandeling (hetsy emosioneel, seksueel of fisiek) deur die pa kan alles redes wees.
Natuurlik is daar nie altyd een of ander sinistêre verhouding tussen ouer en kind nie – van die kinders wat hul ouers vermoor, het sielkundige afwykings getoon of was onder die invloed van dwelms. Van hierdie kinders het ook voorheen afwykende gedrag getoon (soos ’n geskiedenis van wreedheid teenoor ander kinders of diere), selfmoorddreigemente of selfmoordgedagtes.

Die gemiddelde ouderdom van seuns wat hul ouers vermoor, word aangedui as 18 of 19.

Nog ’n aanhaling uit Bezuidenhout se boek som die hele kwessie baie goed op: “Mishandeling, desperaatheid en ’n iepgewortelde woede word dikwels gesien as die hoofoorsake wat veroorsaak dat kinders hul ouers vermoor. ’n Beduidende gedeelte van jong oortreders toon gedragsafwykings, antisosiale persoonlikhede en erge geestesversteurings. Wanneer ’n volwassene ’n ouer vermoor, is hulle waarskynlik werkloos of finansieel afhanklik van die ouers, deel gewoonlik ’n huis met hulle, het hulle al voorheen hul ouers gedreig, en het hulle waansinnige (delusional) gedagtes oor hul ouers gehad. Die uitwerking van mishandeling kan ook lei tot, byvoorbeeld geestesafwykings soos depressie en angs, wat dan die slagoffer van die mishandeling sal laat moor. ”

Bronne: www.maroelamedia.co.za, www.beeld.com en A Southern African Perspective on Fundamental Criminology onder redaksie van Prof. Christiaan Bezuidenhout.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: ouermoorde

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

10 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

10 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

11 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

12 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

14 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

14 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.