kategorieë: Ontspanning

Bekende skrywer Jaco Jacobs se Charlie Prins beloof om te bekoor en te verras

Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins vertel die verhaal van Charlie en haar ma, Ilse, wat by een van Ilse se universiteitsvriende in ’n nuwe dorp gaan woon. Charlie sukkel om aan te pas en vind vrede in haar sokkies en die klassieke boek Alice se avonture in Wonderland. Sy verbeel haar dat sy haarself ook soos die Chesire kat kan uitvee en kamoefleer soos sy wil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Twee van die seuns in haar klas, Jarryd en Ethan, moet ’n taak oor ’n Afrikaanse boek doen. Ethan nader Charlie om saam met hulle daaraan te werk en die drie word vinnig vriende. Alles verloop glad tot ’n plasing op Instagram Charlie en Ilse se nuwe blyplek onthul en hulle verlede hulle begin inhaal …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Francois Nolte, die uitvoerende vervaardiger by Green Planet Productions wat vir die fliek verantwoordelik is, is gereeld in kontak met seker die suksesvolste en talentvolste jeugskrywer in die Afrikaans, Jaco Jacobs,” verduidelik Réze Fox van Green Planet Productions. “Jaco is ’n kookpot van idees en Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins was een van die idees waarmee hy vorendag gekom het.”

Méla Swanepoel is te sien as Charlie, Dirk Jacobs is Ethan en Rico Immelman is Jarryd. Christel van den Bergh is Ilse, Charlie se ma, en ander bekendes in die rolverdeling sluit in Pierre Breytenbach, Mandi Baard, Reandi Grey, Zak Hendrikz, Christo Davids en Lizz Meiring. Die akteur en TV-aanbieder Francois Jacobs is die regisseur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat maak Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins ’n fliek om beslis te kyk?

“Dit het ’n lekker kinkel in die kabel as dit by een van die hoofkarakters kom, maar ons gaan nie te veel uitlap nie. Al wat ons wel sal sê, is dat hierdie Storiefilm oor jou tyd op die skoolbanke gaan en dit is iets wat altyd aanklank vind,” sê Réze. “Charlie, wat op soek is na haar eie identiteit, neem haar hele familie en vriendekring saam op hierdie ontdekkingsreis. Dis perfekte vermaak vir ’n Saterdagaand en almal – van ouma en oupa tot die kleintjies – kan saam kyk.”

  • Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins word op 2 September om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai en sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

KYK: Amptelike voorskou – Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins

Lees ook: SA-legendes te sien in die fliekweergawe van Hans steek die Rubicon oor

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

21 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

21 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.