Die ontwerper en naamgenoot van die swierige rooi-sool hakskoen. Christian Louboutin, het onlangs sy planne vir ’n lipstiffie-reeks bekend gemaak. Dié reeks is deur Koningin Nefertiti en die Art Deco-beweging geïnspireer en gaan oor 38 kleure en drie verskillende teksture beskik, naamlik: Gladde Satyn wat die grootste gedeelte van die reeks sal opmaak en 20 kleure behels wat elk middelmatig tot volle dekking bied. Suiwer Voile met nege ragfyne kleure met ’n helder gloed en Fluweel Mat wat oor die oorblywende nege kleure beskik waarvan elk ’n ryk en ondeursigtige, mat-pigment tentoonstel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die ikoniese rooi skakering van die handelsmerk, genaamd Rouge, gaan ook in elke tekstuur beskikbaar wees en sal in ’n swart omhulsel verpak word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die res van die reeks sal in goue, keëlvormige skale wat elk met ’n klein ring toegerus is, verpak word. Ryg ’n dun lint of ketting deur die lus, en voila – die stuk verander in ’n stylvolle hangertjie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die reeks sal in September op die handelsmerk se webtuiste geloods word. Dit is egter duursaam en beloop ongeveer R 1 140 per lipstiffie wat dit een van die duurste lipstiffie-reekse op die mark sal maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.