So verskil die twee siektes, verduidelik dr. Etienne Bruwer, Kaapse pediater.
Hand-, voet- en mondsiekte se simptome | Candida (sproei) se simptome |
’n Ligte verkoue en koors vooraf | Geen verkoue of koors |
Pynlike rooi seertjies met ’n blasie-voorkoms. Die seertjies sit meestal dieper in die vel | Wit sweertjies. Vir party kinders is dit pynlik, vir ander nie |
Seertjies begin diep agter in die mond, waarna seertjies op die handpalms en voetsole en rondom die mond . Dit kan ook rondom die mond, en op die tong en tandvleise verskyn | Meestal wit seertjies meestal in die mond maar as dit kan deur die hele dermkanaal versprei, met rooi seertjies soos eilandjies op die boudjies |
Hand-, voet- en mondsiekte is hoogs aansteeklik. Dit versprei deur kontak met speeksel (soen, nies, en deur dieselfde eetgerei, fopspene en speelgoed te deel) en feses | Candida is nie werklik aansteeklik van mens tot mens nie maar jy moet keer dat dit verder as jou kind se mond versprei. Soms ook versprei met swak gesteriliseerde bottels en gebarste tepels |
Hoe om jou kind met HVM-siekte te versorg • Hou jou kind gehidreerd met water, joghurt, melk en vrugtesap. • Gee hom ‘n parasetamoltipe pynpil (nie ’n aspirientipe pynpil nie) • Kry ’n verdowende mondsalfie of mondspuit om die pyn in sy mond te verlig. • Hou dop vir ’n skielike hoë koors en ’n stywe nek, wat dui op ensefalitis (breinontsteking). Neem hom dan dadelik dokter toe |
Hoe om jou kind met candida te versorg • Kry ’n teenswam salf spesifiek vir candida vir die seertjies in sy mond en op sy boudjies. • Gee jou kind bulgaarse joghurt of probiotika mits hy bo ses maande oud is. • Ruil sy doeke meer gereeld om. • Gebruik ’n salf wat die vel teen nattigheid beskerm. Boudjiesalf met sink is die beste. • Indien candida in sy mond voorkom en dit nie binne ’n week genees nie neem jou kind dokter toe vir verdere evaluasie |
Moet hy tuis bly? Ja. Hou jou kind weg van ander kinders omdat dit hoogs aansteeklik is. Hou hom minstens ‘n week tuis, of tot die seertjies verdwyn het. Geen soentjies nou nie – maar troetel hom gerus. |
Moet hy tuis bly? Nee. Hy kan crèche of dagmoeder toe gaan. Maar lig hulle in, want dit kan dui op swak sorg en ongereelde doekruiling. Sorg vir boudjiesalf wat hulle moet insmeer. |
Keer dat hand- voet en mondsiekte versprei • Was jou hande na jy met jou kind gewerk het – en veral as jy sy doek omgeruil het • Hou sy speelgoed, eetgerei en gebruiksitems apart. Was en ontsmet dit elke dag |
Keer dat candida versprei • Was jou hande na jy met hom gewerk het en veral as jy sy doek omgeruil het • Ontsmet sy bottel, fopspene en alles waarna hy graag kou • Al is die siekte nie werklik aansteeklik nie kan jy dit tog na jou oë oordra. Moenie aan jou oë vat nie |
*Lees ook die artikel “Bek(kie)-en-klou(tjie)-seer” hier