Om ‘n voertuig te koop is ‘n belangrike stap wat deurdagtig ondersoek moet word. Ons wil almal die voertuig wat ons bestuur geniet. Só ‘n besluit word egter gereeld deur die voertuig se visuele profiel en hoe dit op die pad vaar beïnvloed–emosionele ontlokking wat jou rasionele denkproses kan belemmer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“’n Voertuig is nie altyd ‘n lewenslange verbintenis nie,” sê Keletso Mpisane, hoof van die digitaal-gebaseerde versekeringsmaatskappy, MiWay Blink. “Baie mense sal ‘n paar voertuie in hul leeftyd besit. Sommige mense begeer of benodig ‘n ander voertuig terwyl ander eerder met ‘n goedkoper of kleiner voertuig wil afskaal. Mense se behoeftes verander. Daar is ook talle ander lewensbesluite wat mense aanhits om daardie stap te neem. Dit is hoekom dit belangrik is om die herverkoopswaarde van jou voertuig van die begin af in ag te neem.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Om jou voertuig se ‘einde’ in gedagte te hou kan jou help bepaal watter voertuig vir jou reg is. Dit betrek die kenmerke en spesifikasies wat jy benodig. “Byvoorbeeld; as jy ‘n gesin wil begin en jou voornemings is om jou voertuig vir die volgende vyf tot agt jaar te bestuur, kan jy vir iets redelik ruim soos ‘n SNV (sportsnutsvoertuig) mik. As jy meer avontuurlustig is, sal ‘n 4×4 dalk meer toepaslik wees,” deel Mpisane.
Hieronder volg ‘n paar nuttige wenke om met die herverkoop van jou voertuig te oorweeg:
“Sommige voertuigmodelle en -handelsmerke is vernaamd vir hul gehalte en ‘kannie dood’ vermoë. Hierdie tipe voertuie se waarde word redelik goed behou terwyl ander weer hul waarde aansienlik vinnig verloor. As jy reeds ‘n duidelike idee het van hoe lank jy jou voertuig gaan gebruik, mag dit meer sin maak om iets te kies wat bekend is vir ‘n goeie inruilwaarde en gewild is op die tweedehandse mark,” noem Mpisane.
Maak seker jy weet hoe baie jy in die toekoms wil ry veral as jy ‘n spesifieke herverkoopwaarde in gedagte het.
“Dit is slim om jou motor deur sy vervaardiger of ‘n goedgekeurde derde party te laat diens. Maak seker dat al jou dienste gedokumenteer word sodat jou voertuig ‘n duidelike diensgeskiedenis het. Dit sal uiteindelik baie nuttig wees wanneer dit tyd is om jou voertuig te verkoop,” sluit Mpisane af.
Lees ook: Hou só by jou begroting
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.