kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Begin jou eie organiese groentetuin!

Deur Elandrè Swart. Hooffoto: The Saxon Boutique Hotel – verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die grootste neiging in tuinmaak is om jou eie groente te groei en om organies te lewe, ongeag die spasie in jou tuin. Met behulp van Linda Galvad van Sought After Seedlings het ons ’n paar wenke vir voornemde organiese tuinmakers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Grond

Dit is belangrik om in die wintermaande jou grond te bemes om dit vrugbaar te maak sodat jy die beste en gesondste grond het wanneer dit tyd is om te plant. Jy kan ook ’n toetsstel aankoop om jou grond te toets.

Om jou eie kompos te maak is ’n goeie manier om ou blare wat jy bymekaar gemaak het in die herfs, groenteskille en gras-snysels te herwin en bymekaar te gooi op ’n komposhoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Of ’n Bokashi-houer kan aangekoop word om jou voedselafval te laat fermenteer en later oor jou grond of selfs op jou komposhoop te gooi.

Kies goeie saad

’n Hoë-kwaliteit saad is ’n noodsaaklikheid. Sought After Seedlings gebruik Franchi Sementi-saad. Dit bestaan uit ’n wonderlike reeks erfenis- en organiese sade. Die oes van jou eie erfenissade gee jou die geleentheid om saad bymekaar te maak en te hou vir die volgende seisoen. Dit is die basis van voedselsekuriteit. Stoor jou ongebruikte sade in ’n gemerkte, styf toegemaakte glasbottel en hou dit in ’n koel, donker plek.

Plantrotasie

Verskillende plante het verskillende voedingsbehoeftes en beïnvloed die balans in die grond. Sommige plante soos brassicas (soos kool, blomkool en radyse) is swaar voeders wat grondstof, stikstof en fosfor vinnig afbreek.

As jy jaar na jaar jou swaar voeders op dieselfde plek plant, sal die grond vinniger stikstof en fosfor verloor as ander dele van jou tuin. Deur die plante wat swaar voeders is elke jaar rond te skuif sal jy die grond kan hernu waar dit die vorige jaar gegroei het en sal jou grondbalans beter wees.

Plantrotasie help ook om jou plante gesond te hou en vry van insekte en verskillende grondsiektes.

Kursusse

Linda Galvad het tydens haar sielkundige studies besef dat die kos wat jy eet ’n direkte invloed het op jou liggaamshigiëne, jou brein en emosionele welstand. Sy het toe begin om die ongelooflike Franchi Sementi erfenis-groentesaad na Suid-Afrika in te voer. Dit het gelei tot die ontwikkeling van kursusse waar sy lesse gee oor organiese tuinmaak.

Hierdie kursusse vind plaas in Johannesburg en sluit in:

Basiese Kursus

  • Bemeester jou grond – die 17 essensiële voedingstowwe en hoe hulle werk
  • Wenke om groente te kweek in ’n waterbeperkte omgewing
  • Kompos
  • Plantrotasie
  • Deklaagbewerking
  • Metgesel-plante
  • Hoe om jou sade te plant en te laat ontkiem
  • Beplanning van jou organiese groentetuin
  • Koste: R1650-00 per persoon

Gevorderde Kursus

  • Bemeester jou grond – Wat die 17 essensiële voedingstowwe is en hoe hulle werk
  • Groeitegnieke in ’n omgewing met waterbeperkings
  • Kompostering – hoe om jou eie kompos te maak en die belangrikheid van die grond- / voedselweb
  • Plantrotasie – intensief
  • Deklaag – gevorderd
  • Metgesel-plante – gevorderd
  • Plaagbeheer
  • Koste R1950-00

Om meer uit te vind oor die kursus klik hier

Het jy geweet? Jy kan ook ’n kursus WEN – klik hier!

Produkte

  1. Verskeidenheid sade (R21.95) Stodels
  2. Bokashi-houer (R199) Faithful to Nature
  3. Franchi Sementi-uiesaad (R39.99) Sought after Seedlings
  4. Franchi Sementi-winterblomkoolsade (R38.99) Sought after Seedlings
  5. Werksblad-komposhouer (R359) Yuppiechef
  6. Grond-toetsstel (R225) Takealot
  7. Garden Master – verskeidenheid groentesade (R18 elk) Builders Warehouse

Verskaffers

Yuppiechef |yuppiechef.com

Stodels |stodels.com

Builders |builders.co.za

Takealot |takealot.com

Sought After Seedlings |soughtafterseedlings.co.za

Faithful to Nature |faithful-to-nature.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.