Begaafde kinders sukkel ook deur Ilse Ferreira
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Ek ys om dit te sê, of te dink, maar my dogter word nou ’n probleemkind. Haar gedrag is vreemd. Dis asof sy haar al meer onttrek en net by haar boeke wil wees. Toe sy kleiner was, het dit gelyk of sy slim is en maklik deur haar skoolloopbaan sal draf, maar nou … Haar boetie is soveel meer gelykmatig, hoewel hy ook nou in sy tienderjarige rebelliestadium is.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daar word gereken dat tot vyf en twintig persent van ons leerders in die top-twee persent van die intelligensieklas val, maar om betyds agter te kom dat so ’n kind spesifieke aandag nodig het, is nie so maklik nie. In baie gevalle word dit eers duidelik as ’n kind se probleemgedrag jou dwing om daaraan aandag te skenk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Daarby dink elke ma seker in die een of ander stadium dat haar kind ander voor is, slimmer of talentvoller is. Baie kinders ís van tyd tot tyd in hul ontwikkeling hul portuurgroep ’n stap of twee voor, maar stabiliseer later weer in ’n normale ontwikkelingsgang.
“Daar is nie so ’n ding soos ’n tipiese begaafde kind nie,” verduidelik prof. Shirley Kokot van Unisa en skrywer van die boek Understanding Giftedness.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Sy wys daarop dat ons riglyne het wat begaafde eienskappe tipeer, maar dat dit ’n glibberige definisie is. Elke kind – en sy omstandighede – is uniek en daarom is die tipering so moeilik. Kyk jy na begaafde kinders en hul opvoeding, is daar twee hoofbane: dié van kinders wat op ’n baie vroeë ouderdom reeds die tekens van begaafdheid toon, en dié wat eers op ’n later ouderdom, gewoonlik ná heelwat probleme, as begaafd geïdentifiseer word.
Mense dink in die algemeen dat daar vir begaafdes ’n makliker pad voorlê, asof hulle sonder probleme met skool en universiteit sal afreken en suksesvol by die beroepswêreld sal inskakel. Daar bestaan selfs die mite dat begaafde kinders alleen kan regkom. Maar dis beslis nie die geval nie, sê die ouers wat weet.
“Ons seuntjie het voor sy vyfde verjaardag moeilik begin raak en as dit nie vir ’n wakker onderwyseres was nie, sou ons nie besef het dat hy eintlik begaafd is, en nie net stout nie,” vertel Karen Giannopolous. “Ons grootste uitdaging – vandag nog – is om die gaping tussen sy emosionele ouderdom en intellek te begryp, aanvaar, en aanhoudend te probeer oorbrug. Dis ’n daaglikse wipplankryery wat eise aan die hele gesin stel.”
“Die grootste algemene verskil tussen begaafde en gemiddelde kinders is hul verhoogde sensitiwiteit,” verduidelik Philip Kokot, skoolhoof van Radford House, ’n private skool vir begaafde kinders in Fairland, Johannesburg.
“Dit blyk uit ’n emosionele, taktiele en gehoorontwikkeling wat ver bo die normale is, en die leerproses kan ontwrig.”
Lizelle Mouton, ’n onderwyseres by die skool, beaam dit. Een van haar graadvyf-leerlinge is so tassensitief dat hy dit net nie kon regkry om stil te sit nie. Sy het die tekens herken, gou besef dis die stoel wat die eintlike probleem is, en deur voor te stel dat die klas hul gimballe bring om op te sit, het sy die probleem sonder ’n bohaai opgelos. Hierdie sensitiwiteit is ’n eienskap wat volwassenes grys hare gee, omdat dit dikwels onmoontlik is om te verstaan hoekom ’n kind so hewig op ’n situasie reageer. Sommige onttrek hulle omdat die stimulasievlak in die omgewing vir hulle te hoog is.
Lees ook: Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief
Geraas en lig het veral ’n groot invloed op hierdie kinders. ’n Geslag of wat gelede is slegs intellektuele begaafdheid raakgesien, maar nou word daar naas die ou boekslim-klassifikasie ook ander soorte begaafdhede erken, soos dié van kinders wat net op een gebied besonder ver uitblink.
“Ons sukkel nog om te kan aanvaar – en te onthou – dat begaafde mense baie spesifieke sosiale en emosionele profiele het wat ver van dié van hul maats verwyder is. Dit is dié verskille wat probleme vir begaafdes veroorsaak,” sê prof. Gertie Pretorius, die Universiteit van Johannesburg (UJ) se direkteur van hul Instituut vir Kinder- en Volwasse Leiding (IKV *). Sy meen dat hierdie kinders nie in die hoofstroom kan inpas nie.
Die verskil waarna sy verwys, is dat die vinnige verstandelike groei van begaafde kinders gewoonlik hul sosiale en emosionele vaardighede verbysteek, terwyl dit nie die geval by hul portuurgroep is nie. Dit is hoe ’n kind wat eintlik ver bo die groep behoort te presteer, uit pas raak, en selfs met ’n aandagtekortsindroom geklassifiseer kan word. In baie gevalle word so ’n diagnose gemaak omdat die karaktertrekke van begaafdheid verkeerdelik as ’n neurobio-logiese swakheid geïnterpreteer word.
Lees ook: ADHD: Is dit dalk jy?
Wanneer ’n skool se leermetode wat meestal liniêr is, strydig is met die kind se behoefte aan ’n ander manier van leer, kan dit ook lei tot gedrag wat as ’n defek gesien kan word, sê prof. Pretorius:
“Begaafde kinders kan uiters gefrustreerd raak in die normale opset en belangstelling in leer verloor – wat niks minder as ’n sosiale tragedie is nie.”
“Baie begaafde kinders verwoord nie hul verveling nie, maar toon tog die tekens, soos probleme om te fokus, konsentreer, take te voltooi, en hul gedagtes te organiseer. Ons sien baie maal dat so ’n kind op die ou end met voorskrifmedisyne sit,” verduidelik prof. Kokot. “Die probleem lê eintlik by die kind se belangstellingspan, en nie sy aandagspan nie.”
In die verlede is sulke kinders ook nog met die term “nerd” gebrandmerk. Die nerd wat met boek en bril buite die kring staan, is steeds die prentjie wat mense kry wanneer hulle aan begaafde mense dink. “Maar sulke kinders ervaar hul andersheid net so erg soos kinders wat fisiek gestremd is. Dit kan veroorsaak dat hulle selfs ’n erge graad van verwerping beleef,” sê prof. Pretorius.
“Hulle behoort net soveel aandag as die twee persent aan die ander kant van die skaal te ontvang.”
Etlike studies dui daarop dat begaafde kinders meer geneig is om allergieë te hê, omdat díe baie besige breine kliere stimuleer om stowwe af te skei wat die biologiese balans in die liggaam omvergooi. Maar daar is nog nie genoeg bewyse om te aanvaar dat dit almal se lot is nie.
Baie ouers en onderwysers staan verstom voor die insig wat begaafde kinders selfs op ’n baie vroeë ouderdom het. Hul toon tekens van abstrakte begrip wat ver bo dié van hul groep is, verstaan baie gouer emosionele ondertone en is empaties teenoor minderes en dié wat in nood is. Die keersy hiervan is dat sulke kinders soms nie hul eie gevoelens van dié van ander mense kan skei nie, en ander se emosies as hul eie ervaar. Dit is baie belangrik om sulke kinders te help om te verstaan dat hulle nie binne ander se emosies hoef te leef nie.
Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?
Begaafde kinders wat uiteenlopende denkpatrone het, kan ’n onderwyser se nagmerrie wees. Hulle kom intuïtief en baie vinnig by ’n antwoord uit – en ure se verduidelik kan die kind nie dwing om die liniêre metode wat voorgestel word, te gebruik nie. Hierdie kinders vind dit baie moeilik om die wêreld te verstaan, of om die belangrikste feite te bepaal, omdat hul emosies nou verweef is met besluitneming en al die aspekte van ’n saak vir hulle ewe belangrik is.
’n Ander identifiseerbare emosionele patroon onder begaafdes is verhoogde emosionaliteit. Hulle ervaar intense reaksies en het gewoonlik ’n baie hoë energievlak. Hoewel sulke kinders dikwels sukkel om te konsentreer, sal hulle dit wel kan doen as die uitdaging groot genoeg is.
Lizelle Mouton vertel van ’n leerling in haar graadvierklas vir wie wiskunde vervelig is. “Ek moes vir hom ’n uitdaging stel, toe vra ek hom om vir ’n maand die petrolverbruik van sy ma se motor neer te skryf. Hy moes aan die hand van ’n sirkeldiagram aan die klas verduidelik wat hy geleer het. Net daar het wiskunde vir hom nie net interessanter nie, maar ook ’n uitdaging geword en nou moet die onderwyseres heeltyd voorbly met nuwe uitdagings.”
Entelegie, ’n woord wat meer bekend is onder filosowe, verwys na ’n spesifieke karaktertrek by mense, soos Abraham Lincoln wat vir niks gestuit het om ’n geleerdheid te kry nie. Sulke mense is buitengewoon gemotiveerd en gefokus op hul doelstellings. As kinders weier hulle om op te gee en stamp gewoonlik koppe met almal wat in hul pad kom.
In weerwil van hul talente blink begaafdes nie noodwendig sonder probleme uit nie. Ongelukkig ervaar hulle wye frustrasie binne die raamwerk van gemiddeldes waarin ons leef. Hulle het ook ’n baie vinniger ontwikkelde sin van moraliteit, en kan gewoonlik nie verstaan waarom grootmense nie optree soos wat hulle behoort nie. Leuens en waarheid, en reg en verkeerd word baie gou in hul begrip gevestig.
As hierdie kinders te veel gedruk word, kan hulle apaties word en gevolglik onderpresteer. Nog ’n ander gevaar uniek aan begaafde kinders is dat hulle gekondisioneer kan raak om gedurig aan “nuwe” dinge blootgestel te wil word – juis omdat hulle so ’n groot behoefte aan stimulering het en hul belangstellingspan kort is.
Ouers moet bedag wees daarop en aandring dat ’n taak klaargemaak word, anders kan die kind spring van een ding na ’n ander en gewoond raak daaraan om dinge onvoltooid te laat.
Lees ook: 5 ankers wat jou kind veilig laat voel
Die kind se natuurlike geneigdheid tot perfeksionisme, onvermoë om frustrasie te hanteer en ’n geneigheid om uit te stel, kan ook negatiewe gevolge hê.
Die kind probeer dikwels om by die groep in te pas en wil naderhand nie meer risiko’s neem nie, word erg self-krities en stel baie hoë verwagtings aan haarself. Dit kan lei tot angstigheid wat op talle maniere tot uiting kom. In die breë gesien is ’n begaafde se lewe een van konfrontasie – veral met volwassenes.
Die nuwe uitkomsgerigte kurrikulum maak juis voorsiening vir individuele verskille tussen leerders se leerbehoeftes, glo die Departement van Onderwys. Alle vorige programme wat op begaafdes gemik was, is gestaak. Maar dit lyk nie of die teorie en die praktyk ooreen stem nie.
Sommige private skole maak daarop aanspraak dat hulle vir sulke leerders voorsiening kan maak, maar daar is ook maar net ’n handjie vol van hulle. En om die klasse kleiner te maak en meer individuele aandag aan die kinders te bestee, beteken nie noodwendig dat die begaafde kind doeltreffend onderrrig word nie.
Kobus Daffue, hoof van Glenhazel Primary in Johannesburg wat jare lange ervaring met begaafde kinders by die eertydse Johannesburg College of Education se Sentrum vir Begaafdes opgedoen het, sê daar moet gekyk word na watter aspekte van ’n kind se behoeftes in die skole gehanteer word wat ’n spesiale program vir begaafdes het. “Om slegs akademiese werk meer te maak, is glad nie genoeg nie,” sê hy.
Prof. Pretorius raak aan ’n ander kant van die saak: “Ouers kan baat vind by opleiding oor hoe om hierdie kinders te help. Sulke kinders kort hulp binne die gesin, binne hul eie groep, en ook emosionele en akademiese bystand. Maar ouers kan ook doen met hulp om by hul kinders aan te pas.” Sy beklemtoon dat in gesinne waar een kind ver bo die ander uittroon, die dinamika maklik omvergegooi kan word en ander kinders kan daaronder ly. Die hele gesinsdinamika moet onder die loep geneem word en almal moet leer om deurlopend die nodige aanpassings te maak.
“Ouers het eintlik meer hulp nodig as hul kinders!” sê Karen Gianopoulos, “hulle loop hul vas in die afguns en wanbegrip van ander ouers, en buiten dit moet hulle ook nog verder probeer om die regte holte vir hul kind se voet te vind.”
Maar een ding wat ’n ouer nooit uit die oog moet verloor nie, is dat ’n begaafde kind ook steeds die normale behoeftes aan liefde, aanvaarding en sekuriteit het, net soos elke ander kind, voeg prof. Kokot by.
Karen Giannopolous beklemtoon die verantwoordelikheid van die ouers: “Ons moet besef dat ons as ouers self moet inspring en ons kinders help, geen skool kan aan al hul vereistes voldoen nie en ons verantwoordelikheid kan nie aan ’n skool oorgedra word nie. Ons kinders maak op ons staat om hul potensiaal optimaal te kan ontwikkel, en hulle te help om hul energie so te fokus dat hulle ’n positiewe, langdurige uitwerking op die wêreld kan hê.” Prof. Pretorius beaam dit: “Soos met elke ander aspek van ’n kind se ontwikkeling, is en bly dit die ouer se verantwoordelikheid en ons mag nie faal nie.”
Daar is verskillende soorte begaafdheid
Begaafdes is van nature
Wanhantering van begaafdheid kan lei tot
* Besoek die IKV se webwerf by www.uj.ac.za/ikv
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.