Koop sommer klaargaar beetkwarte by Woolies of Checkers.
Genoeg vir 4
Bestanddele
- ’n hand vol roket en bronkors (watercress) gemeng
- 400 g (1 pak) gaar beetkwarte in vinaigrette (by Woolies of Checkers of koop gebottelde beet)
- 2 x 100 g-rolletjies bokmelkkaas met swartpeper
- 1 middelslag- rooi ui, in fyn ringe gesny
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 30 ml (2 e) balsemiekasyn + ekstra vir opdiening
Metode
- Pak die roket en bronkors uit op ’n mooi opdienbord.
- Sit die beet op die blare. Sny die bokmelkkaas in sirkeltjies en pak dit tussen die beet.
- Pak die uieringe oor die slaai en sprinkel die olyfolie en balsemiekasyn oor.
- Meng net voor ete deur en sit met ekstra balsemiekasyn voor.
Nog idees
Die beetslaai werk net so goed met fetakaas of bolletjies sygladde mozzarella.