Meng 750 g (3 houertjies) mascarpone, 75 g sagte bruinsuiker en 45 ml (3 e) koue espressokoffie liggies met ’n draadklitser - moenie te veel meng nie.
Koffiestroop
Meng 100 ml espressokoffie en 150 g sagte bruinsuiker in ’n klein kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Laat saggies prut tot die stroop begin verdik. Voeg 45 ml brandewyn by en kook vir nog 5 min. tot die stroop effens verdik.
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C. 1 Voer twee 18 cm-koekpanne met bakpapier uit. 2 Klits die eiers, suiker, goue-stroop en heuning met ’n elektriese menger tot lig en donsig. 3 Sif die koeksoda, kakao, bruismeel, koekmeel, amandel-meel en sout by die eiers in en meng deur. 4 Meng die beet, gesmelte sjokolade, espresso en olie en voeg by die droë bestanddele. Meng deeglik deur. 5 Verdeel die mengsel gelykop tussen die koekpanne. Bak vir 1 uur 20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel voor jy die koeke uitkeer. Laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie. 6 Sny elke koek horisontaal middeldeur. Smeer ’n laag mascarponeroom op elke koek, en versier bo-op met mascarpone. 7 Gooi laastens die stroop oor en sit met vuurwarm koffie voor.