Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }2 rooi beetknolle, geskil en in blokkies gesny
750 ml (3 k) tuisgemaakte hoenderaftreksel
30 g botter
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
150 g risotto-rys
60 ml (¼ k) witwyn
50 g parmesaan, gerasper
125 g crème fraîche
1 Bring die beet en hoenderaftreksel in ’n groot kastrol tot kookpunt en kook vir 20 min. of tot die beet sag is. Verwerk in ’n voedselverwerker tot glad.
2 Smelt die botter in ’n groot pan oor matige hitte. Braai die ui en knoffel vir 5 min. of tot sag.
3 Voeg die rys by en braai vir 2 min. Voeg die wyn by en braai vir nog 2 min.
4 Gooi die hoenderaftreksel (met die beet) bietjie vir bietjie by die rys, sowat 80 ml op ’n slag. Roer deurentyd – dit duur sowat 20 min. – of tot die risotto al die aftreksel geabsorbeer het maar steeds al dente en nie pap is nie.
5 Strooi die parmesaan oor en sit voor met skeppies crème fraîche en swartpeper.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Hierdie webwerf gebruik koekies.