Serves:Genoeg vir 12-14 blokkies of sterrNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Ons het vir die mooi sterre uit die terrien gedruk, maar dan mors jy te veel van die terrien. Ek stel voor jy sny die terrien eerder in blokkies.
• 12 goue of geel beet (of gewone beet)
• 400 g bokmelkkaas
• 150 g roomkaas
Instructions
1 Kook die beet vir 30 min. of tot sag in ’n kastrol met gesoute water. Skil af en laat heeltemal afkoel. 2 Sny die beet in 3 mm-skyfies. Voer ’n vlak 25 cm x 17 cm-pan met kleefplastiek uit. 3 Meng die bokmelk- en roomkaas in ’n voedselverwerker tot glad. 4 Pak eers ’n laag beet in die pan (laat die skyfies oorvleuel) en pak dan lagies met die beet en die kaasmengsel. Geur elke laag liggies met sout en swartpeper. 5 Bedek met kleefplastiek. Sit ’n pan van dieselfde grootte op die terrien en druk met blikkieskos vas. Sit vir minstens 2 uur in die yskas. 6 Haal uit en sny in blokkies terwyl dit nog in die pan is. Sit met vars blaartjies voor.