1 Kook die beet vir 30 min. of tot sag in ’n kastrol met gesoute water. Skil af en laat heeltemal afkoel.Beet-en-bokmelkkaas-terrien
Ingredients
Instructions
2 Sny die beet in 3 mm-skyfies. Voer ’n vlak 25 cm x 17 cm-pan met kleefplastiek uit.
3 Meng die bokmelk- en roomkaas in ’n voedselverwerker tot glad.
4 Pak eers ’n laag beet in die pan (laat die skyfies oorvleuel) en pak dan lagies met die beet en die kaasmengsel. Geur elke laag liggies met sout en swartpeper.
5 Bedek met kleefplastiek. Sit ’n pan van dieselfde grootte op die terrien en druk met blikkieskos vas. Sit vir minstens 2 uur in die yskas.
6 Haal uit en sny in blokkies terwyl dit nog in die pan is. Sit met vars blaartjies voor.