Beet carpaccio met romerige bokmelkkaas en heuning roomys
Ingredients
• 1 pakkie (5-6) klein goue beetjies, gewas en papierdun met ’n mandoliensnyer gesny
• 1 pakkie (5-6) pienk gestreepte bababeet (candy beets), beetjies, gewas en papierdun met ’n mandoliensnyer gesny
• 1 groot pienk beet, gewas en papierdun met ’n mandoliensnyer gesny
• 1 groot geel/goue beet, gewas en papierdun met ’n mandoliensnyer gesny
• 2-3 babaradyse, gewas en papierdun met ’n mandoliensnyer gesny
• 1 rooi-ui, in papierdun skywe gesny
Piekel
• 1 k (250 ml) suiker
• 1 k (250 ml) witwynasyn
• 2 k (500 ml) water
• 15 ml (1 e) vinkelsaadjies
• ’n hand vol babaslaaiblaartjies vir die voorsit van die roomys
Bokmelkkaas-en-heuning-roomys
• 2½ k (375 ml) vars room
• 1 k (250 ml) melk
• 2 e (30 ml) uie, geskil en gekap
• 3 roosmaryntakkies
• 1 t (5 ml) vars gekapte knoffel
• ½ t (2,5 ml) swartpeperkorrels
• ½ t (2,5 ml) sout
• 4 eiergele
• 1⅓ k (200 g) bokmelkkaas
• 2 e (30 ml) heuning
• 2 e (30 ml) ekstra room
Instructions
Gooi die room, melk, uie, roosmaryn, knoffel, peperkorrels en sout in ’n middelslagkastrol.
Verhit die mengsel oor matige hitte en bring tot kookpunt. Trek van die hitte af en laat afkoel.
Gooi die mengsel deur ’n sif in ’n skoon kastrol en verhit weer oor matige hitte.
Klits die eiergele in ’n skoon mengbak. Klop ’n ¼ k (60 ml) van die warm melkmengsel by die eiergele en roer tot glad.
ooi die res van die melkmengsel by die eiergele en gooi terug in die kastrol. Roer die mengsel deurentyd oor lae hitte vir 8-10 min of tot die mengsel begin verdik en die agterkant van ’n lepel bedek.
Meng die bokmelkkaas saam met die ekstra room in ’n mengbak.
Klits die kaasmengsel en heuning by die roommengsel en roer tot die kaas gesmelt is.
Gooi die verkoelde mengsel in ’n plat metaalbak en sit in die vrieskas tot dit net begin vries – dit neem sowat 2 uur. Haal uit en meng met ’n vurk of elektriese klitser om die yskristalle op te breek. Sit terug in die yskas vir 1 uur tot dit net begin vries – klits weer met die vurk of elektriese klitser.
Bedek met kleefplas-tiek en vries oornag. Sit voor met die gepiekelde beet, of net so saam met geroosterde perskes.
1 Verhit die suiker, witwynasyn, water en vinkel in ’n kastrol en roer deurentyd tot die suiker gesmelt is. Trek van die hitte af. 2 Pak elke gesnyde beetsoort in afsonderlike bakkies. Dit help dat die verskillende beetkleure, wat die slaai so mooi maak, behoue bly, anders verkleur alles net rooi. 3 Verdeel die warm piekelmengsel tussen die verskillende bete in die verskillende bakkies. Sit die gesnyde rooi-ui in die rooi beet se bakkie en die radyse by die pienk beet. 4 Laat die beet vir sowat 20 min. staan. Haal uit en pak die beetskywe in sirkels op ’n mooi dienbord. Strooi die slaaiblaartjies oor en sit die gepiekelde beet saam met die bokmelkkaasroomys voor.