Genoeg vir 4; 750 ml roomys
Die beet moet papierdun gesny word, want dit word rou gepiekel.
1 Verhit die suiker, witwynasyn, water en vinkel in ’n kastrol en roer deurentyd tot die suiker gesmelt is. Trek van die hitte af.Beet carpaccio met romerige bokmelkkaas en heuning roomys
Ingredients
Instructions
2 Pak elke gesnyde beetsoort in afsonderlike bakkies. Dit help dat die verskillende beetkleure, wat die slaai so mooi maak, behoue bly, anders verkleur alles net rooi.
3 Verdeel die warm piekelmengsel tussen die verskillende bete in die verskillende bakkies. Sit die gesnyde rooi-ui in die rooi beet se bakkie en die radyse by die pienk beet.
4 Laat die beet vir sowat 20 min. staan. Haal uit en pak die beetskywe in sirkels op ’n mooi dienbord. Strooi die slaaiblaartjies oor en sit die gepiekelde beet saam met die bokmelkkaasroomys voor.
Lees ook: Kleurryke groentepiekels
Lees ook: Beet-bokmelkkaas-en-vye-tert