kategorieë: KosSomerkos

Beet-bokmelkkaas-en-vye-tert

Genoeg vir 1 middelslag- tert (4-6 mense)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Spelt het minder gluten as gewone meel en gee ’n heerlike smaak aan die tert.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tertdeeg
• 50 g botter
• 80 ml (⅓ k) water
• 210 g speltmeel, te kry by gesondheidswinkels
• 2,5 ml (½ t) sout
• 5 takkies tiemie, blaartjies afgestroop
• 10 ml (2 t) vinkelsaad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vulsel
• 45 g botter
• 2 rooi-uie, dik gesny
• 300 g rooi beet, geskil en in kwarte gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 60 ml (¼ k) balsemiekasyn
• 15 ml (1 e) bruinsuiker
• 2 takkies tiemie
• 4 vars vye of pruime, in kwarte gesny
• 125 g crème fraîche
• 30 ml (2 e) Dijonmosterd
• 200 g bokmelkkaas
• hand vol basiliekruid

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n 10 cm x 35 cm-losboomriffelpan met kleefwerende kossproei.
2 Verhit die botter en water tot kookpunt. Haal van die hitte af.
3 Meng die speltmeel, sout, tiemie en vinkel in ’n groot mengbak. Voeg die watermengsel by en roer totdat dit ’n deeg vorm.
4 Knie tot die deeg heeltemal sag is en rol tot 5 mm dik uit. Voer die voorbereide tertpan met die deeg uit. Sny oortollige deeg af.
5 Bak vir 10 min. of tot liggoud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vulsel
6 Verhit die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Braai die uie, beet en knoffel vir 8-10 min. daarin of tot gekaramelliseer.
7 Voeg die balsemiekasyn, bruinsuiker, tiemie en 500 ml (2 k) water by.
8 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 25-30 min. of totdat die mengsel verdik en die beet gaar is.
9 Meng die crème fraîche en Djionmosterd in ’n mengbakkie. Smeer die mengsel oor die gaar tertdeeg.
10 Pak die beet en uie, die vye en die bokmelkkaas om die beurt in die tertkors. Bak vir 15-20 min. of tot goudkleurig.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

5 minutes Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

19 minutes Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

40 minutes Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

49 minutes Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

2 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.