Deur Vickie de Beer. Foto’s deur lee schwagele www.crphotographic co.za
Bestanddele:
- 2 kg beesvleis, soos sirloin of rump, senings verwyder\
- 2 t (10 ml) sout
- 4 t (20 ml) fyngekapte groen brandrissie
- 4 t (20 ml) fyngekapte knoffel
- 4 t (20 ml) Dijonmosterd
- 1 e (15 ml) botter
- 1 e (15 ml) olyfolie
- 2 wiele (300 g) blou camembert, in 1 cm-sirkels gesny (of kaas van jou keuse)
Metode:
- Sit die vleis, sout, brandrissie, knoffel en mosterd in ’n voedselverwerker. Stel die masjien op die polsaksie en verwerk tot ’n growwe maalvleis – moenie te lank verwerk nie.
- Haal uit en maak 8 frikkadelle van 200 g elk. Laat rus vir 20 min. by kamertemperatuur.
- Verhit die oond tot 180 ˚C.
- Verhit die botter en olie in ’n oondvaste braaipan oor matige hitte.
- Braai die frikkadelle vir sowat 3 min. aan elke kant of tot goudbruin.
- Sit ’n skyf camembert op elke frikkadel en bak vir 5-7 min. of tot die kaas gesmelt is. Haal uit en hou warm.
Maak hierdie broodrolletjies saam met die frikadelle vir heerlike burgers
Lees nog: