Deur: Vickie de Beer
Probeer ook hierdie heerlike resepte:
Hoender-en-porcini-herfspastei
Vinnige steak-en-sampioenpasteie
Beesvleis-en-murg-pastei
Ingredients
- Vulsel
- 30 ml olyfolie
- 2,5 kg beesvleis soos borsstuk (brisket) met vet aan, in 3 cmblokkies gesny
- sout en gemaalde swartpeper
- 100 g spekstukkies
- 30 ml fyn gekapte knoffel
- 30 ml tamatiepuree
- 1 bouquet garni: 5 takkies pietersielie, 5 takkies tiemie en 2 lourierblare met kombuistou gebind
- 750 ml (1 bottel) rooiwyn
- 350 g piekeluitjies
- 250 g sampioene
- Murg
- 6-8 murgbene, elk sowat 10 cm lank
- sout en gemaalde swartpeper
- Blits-blaardeeg
- 220 g botter
- 350 g meel
- 5 ml sout
- 60 ml water
- 2 eiers, liggies geklits
Instructions
Vulsel
1 Verhit ’n bietjie van die olie in ’n groot kastrol. Braai ’n hand vol vleisblokkies op ’n slag tot goudbruin alkant. Geur met sout en peper. Skep uit en hou eenkant.
2 Braai die spek in dieselfde kastrol tot bros. Voeg die knoffel en tamatiepuree by en braai vir nog 3 min.
3 Voeg die wyn by en skraap die boom van die kastrol skoon.
4 Sit die bouquet garni en vleis by en laat prut vir 2 uur tot sag.
5 Gooi die piekeluitjies en sampioene by en laat prut vir nog ’n uur.
Murgbene
1 Pak die murgbene regop op ’n bakplaat en geur met sout en peper.
2 Rooster vir 30 min. in die oond tot gaar.
3 Haal uit, laat afkoel en sit in die yskas.
4 Krap die murg met die agterkant van ’n lepel uit en roer by die vleismengsel in. (Moenie die bene weggooi nie.)
5 Laat prut vir nog 15 min. en laat afkoel.
Deeg
1 Draai die botterblok in foelie toe en vries vir 45 min. tot kliphard. Sif die meel en sout saam in ’n groot mengbak. 2 Rasper die botter in die meel in – druk die botter se punt van tyd tot tyd in die meel om dit te vergemaklik.
3 Meng liggies deur met ’n mes en bedek die botter met meel.
4 Gooi die water ’n bietjie op ’n slag by en meng tot die deeg net-net bymekaarkom – jy kan dalk ’n bietjie meer water nodig hê.
5 Meng nou met jou hande tot die deeg bymekaarkom en die rande van die bak skoon is.
6 Draai in kleefplastiek toe en sit vir 30 min. in die yskas.
7 Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit tot 7 mm dik.
8 Sny 15 cm-sirkels uit en maak ’n snytjie in die middel van elk vir die been. Verf met die res van die eier.
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Sit 8 x 250 ml-bakkies op ’n bakplaat en sit ’n murgbeentjie in elk.
2 Verdeel die vleis tussen die bakkies.
3 Pas die deeg bo-oor die murgbeen.
4 Verf die rand van die bakkie met eier en druk die deeg om die rand vas.
5 Smeer met eier en bak vir 30-45 min. of tot goudbruin.