Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Guinness is ’n donker Ierse bier, as dit te bitter na jou smaak is, kan jy dit deur ’n soeter bier soos Leffe se bruinbier vervang.
30 ml (2 e) olyfolie
125 g blokkiesspek
125 g portobellini- of knopiesampioene, ruweg gesny
500 g stowebeesvleis, sonder been, in blokkies gesny
sout en gemaalde swartpeper
2 uie, gekap
2 wortels, geskil en gesny
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) bruinsuiker
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) Guinness-bier
125 ml (½ k) bees-aftreksel
Bouquet garni: ’n paar takkies tiemie en pieter-sielie opgebind saam met
1 lourierblaar en ’n hand vol gekapte pietersielie
1 x suurroomdeegresep
Glaseersel
1 eier, liggies geklop met 15 ml (1 e) water
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1. Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte en braai die spek en sampioene daarin tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant. 2. Braai die vleis bruin en geur na smaak. Voeg die uie, wortel en knoffel by en braai tot sag en bruin. 3. Strooi die suiker en meel oor en braai vir nog 1 min. 4. Gooi die bier en aftreksel by, verlaag die temperatuur, sit die bouquet garni by en prut vir sowat 30-40 min. tot sag. Die sous moet ook verdik en afgekook wees sodat die vulsel nie te loperig is nie. 5. Meng die spek, sampioene en gekapte pietersielie deur en laat afkoel. 6. Deel die suurroomdeeg in twee. Rol die helftes op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Voer ’n ronde 28 cm-tertpan met die een helfte uit. Skep die beesvleisvulsel in en bedek met die ander helfte van die deeg. Sny die deeg wat oorhang af en knyp die rande toe. 7. Maak ’n kruisie in die middel van die pastei sodat die stoom kan ontsnap. Verf die eierglaseersel oor die pastei. 8. Sny blaartjies uit die afgesnyde deeg en sit op die pastei. Verf die blaartjies ook met die glaseersel. 9. Bak vir 20 min. tot die deeg goudbruin is.