• 1 kg beesvleisblokkies (dikrib/chuck), in 5 cm-blokke gesny
• 45 ml (3 e) olyfolie
• sout
• 1 ui, geskil en gekap
• 2 kort selderystingels, in ringe gesny
• 1 wortel, gekap
• 2 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
• 375 ml (1½ k) donker bier, soos Guinness of stout
• 1 blikkie (400 g) heel geskilde tamaties
• 3 tiemietakkies
• 3 lourierblare
• 30 ml (2 e) botter
• 250 g bruin knopiesampioene
• 6-8 salotte of piekeluitjies, geskil
• 1 knoffelhuisie, geskil en fyngekap
• 1 groterige murgbeen
Deeg
• 375 g koekmeel
• 180 g koue botter
• 150 g roomkaas
• 60 ml (¼ k) yswater
Eierwas
• 1 eier en ’n knypie sout, liggies geklop
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol. Geur die vleis met sout en braai in sarsies tot goudkleurig. 2 Skuif die vleis eenkant toe en gooi die ui, seldery, wortel en knoffel by. Braai die groente tot goudkleurig. 3 Voeg die bier en tamatie by die vleis en groente, roer deur en voeg die kruie by. 4 Bedek die kastrol en laat die bredie vir 2-3 uur saggies prut tot die vleis sag is.
Maak intussen die deeg
5 Sit die botter en meel in die bak van ’n voedselverwerker. Pols die masjien tot die mengsel soos broodkrummels lyk. 6 Voeg die roomkaas en yswater by en pols weer tot dit lyk asof die deeg bymekaarkom. Gooi die deeg op ’n skoon werksvlak uit en druk met jou hande verder bymekaar. 7 Druk die deeg plat en draai met kleefplastiek toe. Laat rus vir sowat 2 uur in die yskas. 8 Smelt die botter in ’n klein kastrol en braai die sampioene, uitjies en knoffel vir omtrent 15 min. daarin tot goudkleurig. 9 Voeg by die bredie en roer deur. 10 Voorverhit die oond tot 200 °C. 11 Spuit ’n 20 cm-losboomkoekpan goed met kleefwerende kossproei. 12 Verdeel die deeg in twee en rol sowat 5 mm dik uit op ’n skoon werksvlak wat liggies met meel bestuif is. Voer die koekpan daarmee uit. 13 Sit die murgbeen in die middel van die pan. Skep die vulsel om die been in die pan. 14 Rol die res van die deeg tot sowat 5 mm dik uit, en sny ’n 25 cm-sirkel daaruit. 15 Bedek die vulsel met die deegsirkel, sny kepies in die deeg waardeur die murgbeen versigtig gewikkel kan word. 16 Knyp die twee lae deeg met jou vingerpunte vas aanmekaar. 17 Verf die deeg met die eierwas en bak vir 45-60 min. of tot goudbruin. 18 Laat effens afkoel en keer uit.