Beestong-broodjie

Genoeg vir 8.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 1 kg gepekelde beestong
  • 1 ui, ruweg gekap
  • 2 wortels, ruweg gekap
  • 2 selderystingels, ruweg gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 bouquet garni (lourierblaar, pietersielie, roosmaryn en tiemie)
  • 2,5 ml (½ t) swartpeperkorrels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Broodjies

  • 1 klein rooikool, dun gesny
  • 1 klein groenkool, dun gesny
  • 1 rooi-ui, dun gesny
  • 1 wortel, in dun repies gesny
  • 8 sagte broodrolletjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mosterdsous

  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) koekmeel
  • 60 ml (¼ k) witasyn
  • 125 ml (½ k) kookwater
  • 45 ml (3 e) mosterdpoeier
  • 60 ml (4 e) suiker
  • 125 ml (½ k) mayonnaise
  • 15 ml (1 e) korrelmosterd

Metode

  1. Sit die beestong saam met die ui, wortels, seldery, knoffelhuisies, bouquet garni en swartpeperkorrels in ’n groot kastrol. Gooi genoeg koue water by sodat die tong heeltemal bedek is.
  2. Bring die water tot kookpunt. Laat prut vir 2 uur oor ’n lae hitte, of totdat die tong sag is. Laat in die water afkoel.
  3. Trek die vel van die tong af en sny in dun lappies.
  4. Meng die kool, ui en wortel.

Mosterdsous

  1. Gooi die olie in ’n kastrol en roer die meel by tot ’n gladde pasta vorm.
  2. Roer die asyn en water by en bring tot by kookpunt. Klits die res van die bestanddele by tot glad.
  3. Sit die beestong op die broodrolletjies saam met die koolslaai en mosterdsous.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

14 mins Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

1 hour Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

3 hours Gelede

Groot feesmakietie in die volstruisdorp

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen      Die 29ste KKNK, geborg…

3 hours Gelede

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

21 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.