Genoeg vir 8.
Bestanddele
- 1 kg gepekelde beestong
- 1 ui, ruweg gekap
- 2 wortels, ruweg gekap
- 2 selderystingels, ruweg gekap
- 3 knoffelhuisies, gekneus
- 1 bouquet garni (lourierblaar, pietersielie, roosmaryn en tiemie)
- 2,5 ml (½ t) swartpeperkorrels
Broodjies
- 1 klein rooikool, dun gesny
- 1 klein groenkool, dun gesny
- 1 rooi-ui, dun gesny
- 1 wortel, in dun repies gesny
- 8 sagte broodrolletjies
Mosterdsous
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 30 ml (2 e) koekmeel
- 60 ml (¼ k) witasyn
- 125 ml (½ k) kookwater
- 45 ml (3 e) mosterdpoeier
- 60 ml (4 e) suiker
- 125 ml (½ k) mayonnaise
- 15 ml (1 e) korrelmosterd
Metode
- Sit die beestong saam met die ui, wortels, seldery, knoffelhuisies, bouquet garni en swartpeperkorrels in ’n groot kastrol. Gooi genoeg koue water by sodat die tong heeltemal bedek is.
- Bring die water tot kookpunt. Laat prut vir 2 uur oor ’n lae hitte, of totdat die tong sag is. Laat in die water afkoel.
- Trek die vel van die tong af en sny in dun lappies.
- Meng die kool, ui en wortel.
Mosterdsous
- Gooi die olie in ’n kastrol en roer die meel by tot ’n gladde pasta vorm.
- Roer die asyn en water by en bring tot by kookpunt. Klits die res van die bestanddele by tot glad.
- Sit die beestong op die broodrolletjies saam met die koolslaai en mosterdsous.