Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
125 ml (½ k) meel
45 ml (3 e) beesvleis spesery-mengsel
10 ml (2 t) sout
1,6 - 1,8 kg beesstert, gesny
45 ml (3 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
2 groot uie, ruweg gekap
2 wortels, ruweg gekap
2 selderystingels, ruweg gekap
880 ml Guinness-bier (of enige ander donker bier)
1 x 410 g-blik heel geskilde tamaties
30 ml (2 e) tamatiepasta
30 ml (2 e) sojasous
l bouquet garni met kombuis-tou gebind: tiemietakkies, pietersielie, lourierblaar, salie
’n groot hand vol piekeluitjies
300 g portobellini-sampioene
Instructions
1 Meng die meel, spesery-mengsel en sout in ’n groot mengbak. Skud die bees-stertstukkies in die gegeurde meel en skud die oortollige meel af. 2 Verhit die olyfolie en botter saam in ’n diep kastrol. Braai die vleis ’n paar stukkies op ’n slag daarin tot goudkleurig. Skep uit en hou eenkant. 3 Braai die groente in dieselfde kastrol tot hulle begin karamelliseer en kleur kry. Sit die vleis terug in die pot en gooi die bier by. 4 Gooi die blikkie tamatie, tamatiepasta, sojasous en bouquet garni by en prut stadig vir 2-3 uur tot die vleis sag is. Proe weer vir sout en geur indien nodig. Skep enige ekstra vet wat bo-op dryf met ’n gaatjieslepel af. 5 Gooi die piekeluitjies en sampioene ná 2 uur by en kook saam tot sag. Sit die bredie voor op ’n bed van sagte parmesaan- kapokaartappels.