1 Meng die meel, spesery-mengsel en sout in ’n groot mengbak. Skud die bees-stertstukkies in die gegeurde meel en skud die oortollige meel af.Beesstert-en-bier-bredie
Ingredients
Instructions
2 Verhit die olyfolie en botter saam in ’n diep kastrol. Braai die vleis ’n paar stukkies op ’n slag daarin tot goudkleurig. Skep uit en hou eenkant.
3 Braai die groente in dieselfde kastrol tot hulle begin karamelliseer en kleur kry. Sit die vleis terug in die pot en gooi die bier by.
4 Gooi die blikkie tamatie, tamatiepasta, sojasous en bouquet garni by en prut stadig vir 2-3 uur tot die vleis sag is. Proe weer vir sout en geur indien nodig. Skep enige ekstra vet wat bo-op dryf met ’n gaatjieslepel af.
5 Gooi die piekeluitjies en sampioene ná 2 uur by en kook saam tot sag. Sit die bredie voor op ’n bed van sagte parmesaan- kapokaartappels.